Gaan na inhoud

Francois Pienaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Francois Pienaar Rugbyportaal
Francois Pienaar (links) saam met Diego Biasi in Kaapstad, 2010
Volle naam Jacobus Francois Pienaar
Geboortedatum 2 Januarie 1967 (1967-01-02) (57 jaar oud)
Geboorteplek Vereeniging, Suid-Afrika
Lengte 191 cm
Massa 105 kg
Skool Hoërskool Patriot, Witbank
Universiteit Randse Afrikaanse Universiteit
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Flank
Springbokno. 584
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
1997–2000 Saracens 44 (55)
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
1989–1996 Transvaal 100
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
Jare Klub / span Weds (pte)
1996 Transvaal
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1993–1996 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 29 (15)
Loopbaan as afrigter
Jare Klub / span
2000–2002 Saracens

Jacobus Francois Pienaar (gebore 2 Januarie 1967) is Suid-Afrika se twee-en-veertigste Springbokkaptein en die eerste wat die Rugbywêreldbekertoernooi gewen het.

Jeugjare

[wysig | wysig bron]

Sy ouers was Jan-Harm en Valerie Pienaar en hy is die oudste van vier broers. Hy word by die Plattelandse Distrikte skolekrieketspan ingesluit wat in sy matriekjaar in 1984 aan die Nuffieldweek deelneem, en in 1985 haal hy Suidoos-Transvaal se Cravenweekspan. Na skool gaan studeer hy met 'n sportbeurs aan die Randse Afrikaanse Universiteit en behaal 'n LLB-graad.

Rugbyloopbaan

[wysig | wysig bron]

Hy word in 1989 vir die destydse Transvaal-span gekies. Francois is in 1993 die eerste keer vir die Springbokke gekies. Hy was kaptein in al 29 toetse waarin hy gespeel het.

Francois Pienaar was die eerste Springbokkaptein wat 'n span moes lei in 'n rugbywêreldbekertoernooi en dit in Suid-Afrika. Hy het dit baie goed gedoen en op 24 Junie 1995 wen sy span die finaal teen die All Blacks. Die eer het hom toegeval om die Webb Ellis-beker van die President van Suid-Afrika, Nelson Mandela, te ontvang.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
  • (af) Die Kapteins, Edward Griffiths, 2001, ISBN 1-86842-116-3
  • (en) Pienaar, François, en Edward Griffiths (1999). Rainbow Warrior. Londen: CollinsWillow. ISBN 978-0-00-218905-7
  • (en) Carlin, John (2008). Playing the Enemy: Nelson Mandela and the Game that Made a Nation. New York: Penguin Press. ISBN 978-1-59420-174-5

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Voorafgegaan deur
Jannie Breedt
Springbokkaptein
1995–1996
Opgevolg deur
Tiaan Strauss