Webb Ellis-beker
Die Webb Ellis-beker is 'n beker wat aan die rugbyspan wat die rugbywêreldbeker wen oorhandig word. Die beker is genoem na William Webb Ellis, wat as die uitvinder van rugby beskou word. Die goud en silwer versierde prys is in 1987 vir die eerste keer aan die All Blacks oorhandig. Die Springbokke hou tans die beker nadat hulle die Rugbywêreldbeker in 2023 gewen het.
Die beker
[wysig | wysig bron]Die beker is 38 cm hoog en is gemaak van vergulde silwer. Dit het twee ore, op die een is die kop van 'n sater afgebeeld, op die ander 'n nimf. Op die voorkant van die beker is die woorde International Rugby Football Board en daaronder The Webb Ellis Cup gegraveer.
Die beker is in die goud- en silwersmedery Garrard & Co in Londen gemaak. Die model is gebaseer op 'n beker uit 1906 wat gemaak is deur die Londense onderneming Carrington and Co. Hierdie beker is op sy beurt gebaseer op 'n beker uit 1740 wat deur Paul de Lamerie ontwerp is.
Wenners
[wysig | wysig bron]Die vorige wenners van die Webb Ellis-trofee is:
- 1987: Nieu-Seeland
- 1991: Australië
- 1995: Suid-Afrika
- 1999: Australië
- 2003: Engeland
- 2007: Suid-Afrika
- 2011: Nieu-Seeland
- 2015: Nieu-Seeland
- 2019: Suid-Afrika
- 2023: Suid-Afrika
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Webb Ellis-beker.