Gasjoen-Boergoesta
Voorkoms
Gasjoen-Boergoesta Гашун-Бургуста | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Kalmikië in Rusland | |
Koördinate: 47°14′08″N 44°30′03″O / 47.23556°N 44.50083°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Kalmikië |
Rajon | Kettsjeneri |
Bevolking | |
• Totaal | 404 |
Tydsone | UTC+03:00 (MSK, Moskouse tyd) |
Poskode | 359112 |
Gasjoen-Boergoesta (Russies: Гашун-Бургуста, Kalmikies: Һашун Бурһста) is 'n dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die gelyknamige Gasjoen-Boergoesta Plaaslike Munisipaliteit en lê 4 kilometer noordoos van sy setel, Altsinchoeta.
Die dorpie se naam kom van die Kalmikiese naam van 'n nabygeleë rivier waarvan die letterlike betekenis "bitter en met wilgers" is.[1]
Demografie
[wysig | wysig bron]Volgens Sensus 2010 het Gasjoen-Boergoesta 452 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[2]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Kalmikiërs | 412 | 91,2% |
Dargine | 15 | 3,3% |
Russe | 12 | 2,7% |
Kasakke | 9 | 2% |
Kirgisiërs | 4 | 0,9% |
Totaal | 452 | 100% |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Gedejewa, Daria; Oeboesjiejewa, Bamba; Lidzjijewa, Ljoedmila; Barinowa, Bairta (2019). Словарь топонимов Республики Калмыкия [Toponimiese woordeboek van Kalmikië] (in Russies). Elista: Dzjangar.
- ↑ Bespyatov, Tim. "Republic of Kalmykia. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 5 Augustus 2023.