Kegoelta
Voorkoms
Kegoelta Кегульта | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Kalmikië in Rusland | |
Koördinate: 46°56′06″N 44°23′29″O / 46.93500°N 44.39139°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Kalmikië |
Rajon | Kettsjeneri |
Bevolking | |
• Totaal | 589 |
Tydsone | UTC+03:00 (MSK, Moskouse tyd) |
Poskode | 359110 |
Kegoelta (Russies: Кегульта, Kalmikies: Көглт) is 'n dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die gelyknamige Kegoelta Plaaslike Munisipaliteit. Dit lê 70 kilometer noord van die republiek se hoofstad, Elista.
Die dorpie se naam is van Kalmikiese oorsprong en beteken letterlik "met doring".[1]
Demografie
[wysig | wysig bron]Volgens Sensus 2010 het Kegoelta 846 inwoners gehad. Etniese Russe en Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[2]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Russe | 374 | 44,2% |
Kalmikiërs | 363 | 42,9% |
Tsjetsjniërs | 83 | 9,8% |
Azerbeidjanners | 14 | 1,7% |
Oekraïners | 7 | 0,8% |
Oesbeke | 5 | 0,6% |
Totaal | 846 | 100% |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Gedejewa, Daria; Oeboesjiejewa, Bamba; Lidzjijewa, Ljoedmila; Barinowa, Bairta (2019). Словарь топонимов Республики Калмыкия [Toponimiese woordeboek van Kalmikië] (in Russies). Elista: Dzjangar.
- ↑ Bespyatov, Tim. "Republic of Kalmykia. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 5 Augustus 2023.