Geelbekpaling
Voorkoms
Geelbekpaling | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. mossambica
|
Binomiale naam | |
Anguilla mossambica | |
Sinonieme | |
Die Geelbekpaling (Anguilla mossambica) is 'n varswatervis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia suidwaarts tot by Kaap Agulhas. In Engels staan die vis bekend as die Longfin eel.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die kop en lyf is lank en die vel is dik en glad met versonke, klein skubbe. Die dorsale, anale en stertvin is aanmekaar en vorm een vin. Die dorsale vin se oorsprong is voor dié van die anale vin. Die paling het 'n groot mond, klein tandjies en dik lippe. Die kieue is klein en is nét voor die pektorale vinne. Die vis is olyfbruin of grys van kleur (ligter aan die onderkant) en word tot 1,2 m lank. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 5,73 kg.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Schrank, F. von P., 1798. Fauna Boica. Durchgedachte Geschichte der in Baieren einheimischen und zahmen Thiere. Nürnberg. Fauna Boica v. 1: i-xii + 1-720.
- ↑ Peters, W. (C. H.), 1852. Diagnosen von neuen Flussfischen aus Mossambique. Monatsb. Akad. Wiss. Berlin 1852: 275-276, 681-685.
- ↑ Catalogue of Life[dooie skakel] (en)