Gestreepte visvanger

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gestreepte visvanger
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Coraciiformes
Familie: Halcyonidae
Genus: Halcyon
Spesie: H. chelicuti
Binomiale naam
Halcyon chelicuti

Verspreiding[wysig]

Die gestreepte visvanger is wyd verspreid oor Afrika, suid van 15°N, behalwe in Oos-Somalië, die area om die bek van die Kongorivier en die suidwestelike dele van die kontinent.

Habitat[wysig]

Die gestreepte visvanger kom voor in areas met oop bosgebiede en grasvelde met bome of lang pale: die voël gebruik dit as 'n basis waarvan af daar gejag word. Neste word in bome gebou.

Identifisering[wysig]

Die gestreepte visvanger is ietwat valer as die ander visvanger met 'n bruin-grys bo-lyf. In vlug is die voël se helderblou agterkant en lae rug egter maklik sigbaar.

Dieet[wysig]

Gestreepte visvangers eet hoofsaaklik insekagtige spesies, alhoewel dit ook soms klein gewerweldes (bv. akkedise) vang.

Geluid[wysig]

Die gestreepte visvanger is 'n baie spraaksame voël, veral tydens sonondergang.

Ander name[wysig]

  • Engelse naam: Striped Kingfisher
  • Wetenskaplike naam: Halcyon chelicuti

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]