Rosyntjiebos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Grewia flava)
Jump to navigation Jump to search

Rosyntjiebos
Grewia flava, loof en blomme, a, Zoutpan.jpg
Loof en blomme
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Division:
Klas:
Subklas:
(klade):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
G. flava
Binomiale naam
Grewia flava
DC., 1813
Sinonieme

Grewia cana
Grewia hermannioides

Die Rosyntjiebos (Grewia flava) is 'n struik of klein boompie wat wydverspreid in die bosveld regdeur die binneland van Suid-Afrika voorkom, behalwe die Wes- en Oos-Kaap en 'n groot deel van Zimbabwe. Dit word ongeveer 2 m hoog en dra geel stervormige blomme en oranje-bruin vrugte wat vanaf Februarie begin ryp word. Die blare is regop met drie are vanaf die simmetriese basis en daar is silwerige hare aan die bo- en onderkant.

Die struik staan ook as die Fluweelrosyntjie(bos), Wilderosyntjie, Brandewynbessie of Wilderosyntjie bekend. Ander inheemse name sluit in: Moretla (Sotho) en brandy bush (Engels).

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]