Groen-jobvis
Groen-jobvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. virescens
|
Binomiale naam | |
Aprion virescens | |
Sinonieme | |
Die Groen-jobvis (Aprion virescens) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Golf van Aden tot by Oos-Londen. Dit was al gevind by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Green jobfish terwyl dit ook as Kaalkop bekend staan in Afrikaans.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die kop en lyf is donker groen of blou aan die bokant terwyl die sye helder blouerig pers is. Die middelste dele van die dorsalevin se basis is swart. Die stertvin is gevurk en die pektorale vinne is kort. Daar is 'n groef op die snoet onder die neusgate. Die vis word tot 1.1 m lank en weeg tot 16 kg.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 20-180+ m diep is. Hulle vreet vis, krappe, soöplankton en garnale en is gewoonlik alleenlopers maar kom soms saam voor in groepe van 4-6 visse. Die vis is gewild onder die skubaduikers. Die IGFA hengelrekord is 15.4 kg en gevang naby Kaap Vidal. Die vis is 'n goeie eetvis maar het ook al ciguatera vergiftiging veroorsaak.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Aprion virescens. |
- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7