Gaan na inhoud

Tsongkhapa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Je Tsongkhapa)
Tsongkhapa
Vertalings
Tibettaans ཙོང་ཁ་པ།
Wylie tsong kha pa blo bzang grags pa
Vereenvoudigde Sjinees 宗喀巴
Pinyin Zōngkābā

Tsongkhapa of Je Rinpoche (1357-1419) is die stigter van die Gelug-skool van Tibettaanse Boeddhisme. Sy naam beteken "Man uit die Uievallei". Hy word ook soms Je Tsongkhapa genoem; sy naam as monnik was Lobsang Drakpa. Die twee belangrikste eienskappe van die Gelug-tradisie is die eenheid van soetra en tantra en die klem op die vinaya (morele kloosterkode).

Tsongkhapa is in 1357 gebore in die Amdo-provinsie in Noordoos-Tibet. Die Kumbum-klooster is later op sy geboorteplek gebou.

Van driejarige ouderdom af is hy opgelei deur Rolpey Dorje, die 4de karmapa, wat hom die naam Kunga Nyingpo gegee het. Toe hy sewe was, het hy die kloosterbelofte afgelê en het hy die naam Lobsang Drakpa gekry.

Tsongkhapa het in 1409 die Ganden-klooster gestig en het so die 1ste Ganden Tripa, hoof van die klooster en van die latere Gelug-skool, geword. Hier het hy sy eie leringe verkondig, wat later Gelug genoem is. Dit is op ’n kombinasie van verskillende skole se leringe gebaseer. Toe hy in 1419 sterf, het hy 18 versamelings geskrifte oor honderde onderwerpe nagelaat. Dié geskrifte vorm die belangrikste studiebron (buiten die leringe van die Boeddha) in die Gelug-tradisie.

Een van Tsongkhapa se leerlinge was Gendun Drup (1391-1474), wat nadoods as die eerste Dalai Lama aangewys is.

Verwysings

[wysig | wysig bron]