Joe Engle

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Joe Engle
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Joe Henry Engle
Gebore 26 Augustus 1932 (1932-08-26) (86 jaar oud)
Chapman, Kansas
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Beroep Ruimtevaarder
Ander poste, ampte Toetsvlieënier

Joe Henry Engle (26 Augustus 1932 – ; Majoor-Generaal, Amerikaanse Lugmag) is 'n Amerikaanse vlieënier, toetsvlieënier vir die X-15 program, lugvaartingenieur en voormalige Nasa-ruimtevaarder. Sedert 2017 is hy die laaste oorlewende X-15 vlieënier.

As toetsvlieënier neem hy deel aan die Nasa-Lugmag se X-15-program wat hom in staat stel om sy Ruimtevaarder Vlerke te verwerf. Hy verwerf ook ander toekennings onder andere die Distinguished Flying Cross. Hy is in 1966 gekeur as ruimtevaarder deur Nasa as deel van Ruimtevaardergroep 5. Hy was deel van die ondersteuningspan vir Apollo 10. Hy was aanvanklik deel van Apollo 17 as vlieënier vir die Apollo-maanmodule maar word onttrek ten gunste van die geoloog Harrison Schmitt. Hy word een van die eerste ruimtevaarders in die ruimtependeltuigprogram toe hy deel was van die span wat vir Ruimtependeltuig Enterprise in 1977. Hy was ook die bevelvoerder van die Ruimtependeltuig Columbia se vlug in 1981.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.