Kaapse ooruil

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaapse Ooruil
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Strigiformes
Familie: Strigidae
Genus: Bubo
Spesie: B. capensis
Binomiale naam
Bubo capensis
Smith, 1834
Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Bubo capensis (bladsy)

Die Kaapse Ooruil (Bubo capensis) is 'n uilspesie in die Strigidae familie. Dit word gevind in Eritrea, Ethiopië, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië, en Zimbabwe.[1] Die uil is 'n skaars standvoël wat in rotsagtige en bergagtige terrein leef; vanaf seevlak tot op hoogtes van 3,000 meter. In Engels staan die uil bekend as die Cape Eagle-Owl.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die uil is 48 tot 54 cm lank en weeg 910 tot 1400 gram. Die uil word maklik met die Gevlekte ooruil verwar. Laasgenoemde is egter kleiner. Die Kaapse ooruil het swart en kastaiingsbruin vlekke op die bors en duidelike, breë dwarsstrepe oor die pens en sye.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. BirdLife International 2004. Bubo capensis. 2006 IUCN Rooilys van bedreigde spesies. Besoek op 24 Julie 2007.

Bron[wysig | wysig bron]