Kaapse stompneus
Voorkoms
Kaapse stompneus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | R. holubi
|
Binomiale naam | |
Rhabdosargus holubi (Steindachner, 1881)
|
Die Kaapse stompneus (Rhabdosargus holubi) is 'n vis wat endemies is aan die Suid-Afrikaanse kus en word aangetref vanaf St. Helenabaai tot by Maputo. In Engels staan die vis bekend as die Cape stumpnose.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die vis is silwer van kleur met 'n lemmetjie-geel lyn aan die kante van die vis. Die gemiddelde grootte van die vis is 20 cm maar kan tot 40 cm groot word en weeg dan 3.5 kg.
Habitat
[wysig | wysig bron]Hulle kom voor in rotsgebied en sanderige bodems vanaf die strand tot in water wat 50 m diep is. Die onvolwasse vissies is volop in die seegras in strandmere. Die wyfies skiet kuit gedurende die winter in KwaZulu-Natal en van Julie tot Februarie in die Oos- en Wes-Kaap. Dit is 'n smaaklike eetvis.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bronne
[wysig | wysig bron]- First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. ISBN 978-1-86872-288-4
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7