Kaapstad Internasionale Lughawe
Kaapstad Internasionale Lughawe Cape Town International Airport | |||
---|---|---|---|
Kaapstad Internasionaal se nuwe sentrale terminaal en openbare vervoerplein | |||
IATA: CPT – ICAO: FACT | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar/Operateur | Airports Company South Africa | ||
Bedien | Kaapstad | ||
Ligging | Kaapstad, Suid-Afrika | ||
Spil vir | Mango South African Express | ||
Hoogte bo seevlak | 151 vt / 46 m | ||
Koördinate | 33°58′10″S 18°35′50″O / 33.96944°S 18.59722°O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
Ligging binne die Metropolitaanse Gebied van Kaapstad | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
01/19 | 3 201 | 10 502 | Teer |
16/34 | 1 701 | 5 581 | Teer |
Statistieke (2012) | |||
Passasiers | 8 505 563 | ||
Lugbewegings | 91 486 | ||
Lughawekapasiteit | 14,5 miljoen per jaar | ||
Ekonomiese en sosiale impak | 1,2 miljard en 48 duisend[1] | ||
Bronne: Passasierstatistiek,[2] Lugbewegings[3] |
Die Kaapstad Internasionale Lughawe (IATA: CPT, ICAO: FACT) is die tweede grootste lughawe in Suid-Afrika na Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale Lughawe en lê sowat 22 kilometer oos van die middestad. Die lughawe is in 1955 as die "DF Malan Lughawe" geopen en word later in die negentiger jare na Cape Town International Airport (CTIA) herdoop. Die volume van lugverkeer het sedert die jaar 1994 aansienlik toegeneem. Tans is daar jaarliks sowat 8,3 miljoen passasiers (2007) wat in Kaapstad aankom of vertrek. Daar word verwag dat die passasiersgetalle tot by die jaar 2015 tot 14 miljoen sal styg.
Kaapstad Internasionale Lughawe is die tweede spil van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en is vir die meeste buitelandse toeriste die poort na Suid-Afrika.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
Nasa-Satellietbeeld van die Kaapstad Internasionale Lughawe
-
Fasade van die Kaapstad Internasionale Lughawe
-
Die passasiersterminaal
-
Die aanloopbaan
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Cape Town International Airport – Economic and social impacts" (in Engels). Ecquants. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 15 Mei 2014.
- ↑ (en) "ACSA – Cape Town Passenger Statistics". Airports Company South Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2013. Besoek op 15 Mei 2014.
- ↑ (en) "ACSA – Cape Town Aircraft Statistics". Airports Company South Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2011. Besoek op 15 Mei 2014.
Eksterne Skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kaapstad Internasionale Lughawe.
- (en) Lugvaart en Lugdienste in Suid-Afrika Geargiveer 12 Maart 2008 op Wayback Machine
- (en) Airport data (worldaerodata)