Port Elizabeth-lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Port Elizabeth Internasionale Lughawe
Impala Mk1-PE Airport.jpg
'n Impala Mk1 op statiese uitstalling by die ingang na die Port Elizabeth-lughawe
IATA: PLZICAO: FAPE
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar/Operateur Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (ACSA)
Bedien Port Elizabeth, Oos-Kaap, Suid-Afrika
Hoogte bo seevlak 226 vt / 69 m
Koördinate 33°59′5″S 25°36′37″O / 33.98472°S 25.61028°O / -33.98472; 25.61028Koördinate: 33°59′5″S 25°36′37″O / 33.98472°S 25.61028°O / -33.98472; 25.61028
Webtuiste www.acsa.co.za/...
Landkaart
FAPE is geleë in Oos-Kaap
FAPE
Ligging van die lughawe in die Oos-Kaap
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
08/26 1,980 6,496 Teer
17/35 1,677 5,502 Teer
Statistieke (2006)
Passasiers 1 409 607
Vragmassa 8 562 metrieke ton
Lugbewegings 51 005
Bronne: South African Aeronautical Information Publication [1] Airports Company South Africa [2]
Lugfoto van Port Elizabeth Lughawe

Port Elizabeth Internasionale Lughawe (IATA-kode: PLZ, ICAO: FAPE) is 'n lughawe wat Port Elizabeth, die grootste stad in die Oos-Kaap, Suid-Afrika, bedien. Dit het voorheen bekend gestaan as H. F. Verwoerd-lughawe.

Die lughawe is sowat twee myl suid van die stad se sakekern geleë. Vanaf die meeste stadsbuurte neem 'n rit na die lughawe minder as tien minute, en derhalwe word dit dikwels die "Tien-minute-lughawe" genoem. Die lughawe word, net soos nege ander groot lughawens in die land, deur die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) besit en bedryf.

Die lughawe hanteer jaarliks meer as een miljoen passasiers en 800 ton vrag, waaronder blomme, bevrore kreef, vleis, volstruisvelle en sampioene. Die sentrale terminaal is ter geleentheid van die Sokkerwêreldbekertoernooi in 2010 uitgebrei vir 'n maksimum kapasiteit van twee miljoen passasiers per jaar.

Ontstaan[wysig | wysig bron]

Port Elizabeth-lughawe is oorspronklik in 1929 deur luitenant-kolonel Miller gestig wat 'n vliegveld vir sy lugposdiens tussen Port Elizabeth en Kaapstad benodig het. Toe dit in 1936 amptelik as lughawe geopen is, het dit oor 'n enkele aanloop- en landingsbaan beskik.

Navigasiehulp[wysig | wysig bron]

  • Ongerigte radiobaken - NDB
  • VHF allerigting reikwydte - PEV112.9
  • Outomatiese Terminaalinligtingdiens - 126.80

Lugdienste en bestemmings[wysig | wysig bron]

Passasiersvolumes[wysig | wysig bron]

Jaarlikse volume [3]
Jaar Passasiers % verskil
2006 1 409 607 Green Arrow Up Darker.svg11,2%
2007 1 491 551 Green Arrow Up Darker.svg5,8%
2008 1 465 429 Red Arrow Down.svg1,8%
2009 1 342 859 Red Arrow Down.svg8,4%
2010 1 408 374 Green Arrow Up Darker.svg4,9%
2011 1 368 334 Red Arrow Down.svg2,8%
2012 1 317 695 Red Arrow Down.svg3,7%
2013 1 269 634 Red Arrow Down.svg3,6%

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "FAPE – Port Elizabeth Internasionaal" (PDF). Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid. 20 Desember 2012. 
  2. "Port Elizabeth Internasionale Lughawe". Airports Company South Africa. Besoek op 17 Junie 2013. 
  3. "ACSA Passenger Statistics". Airports Company South Africa. Besoek op 23 Oktober 2013. 
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.