Oos-Londenlughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Oos-Londenlughawe
East London Airport, South Africa.jpg
IATA: ELSICAO: FAEL
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Bedien Oos-Londen, Suid-Afrika
Hoogte bo seevlak 436 vt / 133 m
Koördinate 33°2′6″S 27°49′17″O / 33.03500°S 27.82139°O / -33.03500; 27.82139Koördinate: 33°2′6″S 27°49′17″O / 33.03500°S 27.82139°O / -33.03500; 27.82139
Webtuiste Oos-Londenlughawe
Landkaart
FAEL is geleë in Oos-Kaap
FAEL
Ligging van die lughawe in die Oos-Kaap
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
11/29 1,939 6,362 Teer
06/24 1,585 5,200 Teer
Bronne: South African Aeronautical Information Publication [1] DAFIF[2]

Oos-Londenlughawe (IATA: ELS, ICAO: FAEL) is 'n lughawe wat Oos-Londen, 'n stad in die Oos-Kaap, bedien.

Oos-Londen se lughawe is 'n klein maar besige een wat 'n belangrike rol in die ekonomiese groei van die Oos-Kaap speel. Elke dag verwelkom dit tussen 20 en 30 vlugte – wat jaarliks 346 000 mense na Oos-Londen bring. Hiervan is meer as 140,000 vakansiegangers, meestal plaaslik, en sowat 15% is buitelandse toeriste. In 2013 het die lughawe 658 363 passasiers hanteer.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die lughawe het in 1927 ontstaan, toe lt-kol. Alistair Miller die Oos-Londense stadsraad om hulp genader het om 'n munisipale lughawe by Woodbrook, wes van die stad, op te rig.

Passasiervlugte is deur twee De Havilland Moth vliegtuie onderneem op 'n Saterdagmiddag en heeldag op Sondae, indien die weer dit toegelaat het. Vlugte kon ook bespreek word vir weeksdae, maar slegs met spesiale reëlings. In 1931 het 'n vlug van Windhoek in Namibië na Oos-Londen 11 uur geduur.

In 1944 is 'n nuwe lughawe op Collondale gebou, ongeveer 2 km wes van die huidige terminaalgebou.

In 1965 het die lughawe weer geskuif, dié keer na sy huidige perseel, 9 km wes van die middestad. Konstruksie van die terminaalgebou is in 1966 voltooi en die lughawe is vernoem na Ben Schoeman, die minister van vervoer van daardie tyd.

Die lughawe is herdoop in 1994. Sedertdien is groot veranderings aan die eindpuntgebou voltooi en 'n nuwe eerste verdieping kantoor-ontwikkeling is vir die lughawe se bestuurspan bygevoeg.

Infrastruktuur[wysig | wysig bron]

Die lughawe lê 133 meter (435 voet) bo seevlak[1] en het twee geteerde aanloopbane, by name 11/29 wat 1 939 meter lank en 46 meter breed is, en 06/24 wat 1 585 meter lank en 46 meter breed is.[1]

Lugdienste en bestemmings[wysig | wysig bron]

Passasiersvolumes[wysig | wysig bron]

Jaarlikse volume [3]
Jaar Passasiers % verskil
2006 664 824 Green Arrow Up Darker.svg19,2%
2007 744 949 Green Arrow Up Darker.svg12,1%
2008 715 206 Red Arrow Down.svg  4,0%
2009 675 980 Red Arrow Down.svg  5,5%
2010 671 895 Red Arrow Down.svg  0,6%
2011 681 741 Green Arrow Up Darker.svg1,5%
2012 663 115 Red Arrow Down.svg  2,7%
2013 658 363 Red Arrow Down.svg  0,7%

Ongelukke[wysig | wysig bron]

  • Op 13 Maart 1967 het die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Vlug 406 in die Indiese Oseaan neergestort terwyl dit Oos-Londenlughawe genader het. Al 25 die passasiers en bemanning aanboord het omgekom.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 "FAEL – Oos-Londen" (PDF). Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid. Effective 4 April 2013.  Gaan datum na in: |date= (help)
  2. Airport information for FAEL (effective Oktober 2006)
  3. "ACSA Passenger Statistics". Airports Company South Africa. Besoek op 23 Oktober 2013. 
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.