Kalsiumnitraat
Algemeen | |
---|---|
Naam | Kalsiumnitraat |
IUSTC-naam | Kalsiumnitraat |
Chemiese formule | Ca(NO3)2 |
Molêre massa | 164,09[g/mol][1] |
CAS-nommer | 10124-37-5[1] |
Voorkoms | kleurlose tot liggrys vastestof[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=751pm[2] |
Ruimtegroep | Pa3[1] |
Nommer | 205 |
Strukturbericht | G2₁ |
Smeltpunt | 560 °C [1] |
Kookpunt | 645 °C [1] |
Digtheid | 2,5 g/cm3 [1] |
Oplosbaarheid | 1 212 g/L[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar[1] |
LD50 | 302 [mg/kg] (rot; oraal) [1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kalsiumnitraat is 'n sout van kalsium en salpetersuur. Die formule is Ca(NO3)2. Die stof is higroskopies en aan die lug blootgestel vervloei dit.[1] Dit vorm 'n tetrahidraat Ca(NO3)2·4H2O wat in die natuur as die mineraal nitrokalsiet aangetref word.[3]
Kristalstruktuur
[wysig | wysig bron]Watervrye kalsiumnitraat kristalliseer in die kubiese struktuur van lood(II)nitraat,[4] G21 in die strukturbericht-klassifikasie.
Eienskappe
[wysig | wysig bron]Die stof vorm 'n tetrahidraat, wat teen 45 °C smelt. By verhitting vorm dit kalsiumoksied:[1]
Gebruike
[wysig | wysig bron]Kalsiumnitraat word hoofsaaklik as stikstofkunsmis in die landbou gebruik. Dit word ook gebruik vir die voorkondisionering van afvalwater en die voorkoming van reukvrystelling. Dit versnel die set van betonmengsels. Die oplos van watervrye kalsiumnitraat is hoogs endotermies. Om hierdie rede word kalsiumnitraat soms vir regenereerbare koue pakke gebruik. Kalsiumnitraat word saam met kalium- en natriumnitraat gebruik in gekonsentreerde sonkragaanlegte om hitte te absorbeer en te berg. Dit kan as oordragvloeistof gebruik word in plaas van termiese olie.[5]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 "Strontium nitrate". PubChem NIH.
- ↑ "Ca(NO3)2". Materials Project.
- ↑ "nitrocalcite". mindat 2919.
- ↑ Nowotny, H.; Heger, G. (1983). "Structure refinement of strontium nitrate, Sr(NO3)2, and barium nitrate, Ba(NO3)2". Acta Cryst. C. 39: 952–956. doi:10.1107/S0108270183006976.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ "Calcium nitrate". The chemical company.