Karibies Nederland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Karibies Nederland
Caribisch Nederland
(Nederlands)
Caribbean Netherlands (Engels)
Hulanda Karibe (Papiaments)
Flag of the Netherlands.svg Royal Coat of Arms of the Netherlands.svg
(Vlag van Nederland) (Wapen van Nederland)
Ligging van Karibies Nederland in die Karibiese See
Ligging van Karibies Nederland in die Karibiese See
Kaart van Karibies Nederland in die Karibiese See
Ligging van Karibies Nederland in Nederland
Status Karibies Nederland is die deel van Nederland wat in die Karibiese See lê.
Amptelike tale Nederlands
Engels (Saba en Sint-Eustatius)
Papiaments (Bonaire)
Eilande Bonaire
Saba
Sint Eustatius
Grootste stad Kralendijk (Bonaire)
Oppervlakte
 - Totaal
328 vk km
Bevolking
 - Totaal (2010)
 - Bevolkingsdigtheid
18 000
54,9/vk km
Geldeenheid Amerikaanse dollar ($) USD
Tydsone UTC: UTC -4

Karibies Nederland (Nederlands: Caribisch Nederland, Engels: Caribbean Netherlands, Papiaments: Hulanda Karibe) of BES-eilande (Nederlands: BES-eilanden) is 'n versamelnaam vir die Nederlandse eilande Bonaire, Sint Eustatius en Saba. Die eilande behoort tot Nederland en het tot 10 Oktober 2010 deel uitgemaak van die Nederlandse Antille.

Ná 10 Oktober het hulle die status van munisipaliteite gekry. Vir die eerste jare is nog nie duidelik nie tot watter Nederlandse provinsie die munisipaliteite behoort, daarom staan die "eilandsrade" (dit is die bestuur van die munisipaliteit) direkt onder die Nederlandse regering in Den Haag. Die regering het die provinsie-probleem tydelik opgelos deur 'n Ryksdiens (Rijksdienst Caribisch Nederland) na die Karibies gebied te stuur, wat moet help om die Nederlandse wette op die eilande in te stel, want die eilande gebruik nou nog (gedeeltelik) die wette van die voormalige Nederlandse Antille.

Sedert 1 Januarie 2011 is die Amerikaanse dollar die geldeenheid.[1]

Vlag Eiland Hoofstad Grootste stad Oppervlakte[2]
(km²)
Bevolking[3]
1-1-2010
Bevolkingsdigheid
(/km²)
Flag of Bonaire.svg Bonaire Kralendijk Kralendijk 288 13 389 46
Flag of Sint Eustatius.svg Sint Eustatius Oranjestad Oranjestad 21 2 886 137
Flag of Saba.svg Saba The Bottom The Bottom 13 1 737 134

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Karibies Nederland (kategorie)
  1. De Nederlandsche Bank - Bonaire, Sint Eustatius, Saba
  2. Statistical Info: Area and Climate”. Central Bureau of Statistics (Netherlands Antilles): 2010. URL besoek op 2010-10-11.
  3. Statistical Info: Population”. Central Bureau of Statistics (Netherlands Antilles): 2010. URL besoek op 2010-10-11.


Vlag van die Koninkryk der Nederlande Koninkryk van die Nederlande Wapen van die Koninkryk der Nederlande
Lande: Aruba · Curaçao · Nederland · Sint Maarten
Provinsies in Nederland: Drenthe · Flevoland · Friesland · Gelderland · Groningen · Limburg · Noord-Brabant · Noord-Holland · Overijssel · Suid-Holland · Utrecht · Zeeland
Besondere munisipaliteite in Nederland: Bonaire · Saba · Sint Eustatius