Kleintandkeiser
Kleintandkeiser | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. microdon
|
Binomiale naam | |
Lethrinus microdon Valenciennes, 1830[1]
| |
Sinonieme | |
Lethrinella microdon Valenciennes, 1830) |
Die Kleintandkeiser (Lethrinus microdon) is 'n keiservis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die smalltooth emperor.
Identifikasie
[wysig | wysig bron]Die vis word tot 80 cm groot en is een van die groter keiservisse. Dit het 'n lang, gepunte snoet. Die lyf is olyf tot gryskleurig. Swart strepe straal uit die onderste kwart van onder die oë af uit. Dit neem ook soms 'n gevlekte vorm aan, wat dit amper onsigbaar maak.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die visse leef in aflandige rots- en koraalriwwe in water wat tien tot 30 m diep is. Hulle is gewoonlik alleenlopers maar kom soms in klein groepies voor. Hulle vreet vis, skaaldiere en koppotiges.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "WoRMS - World Register of Marine Species - Lethrinus microdon Valenciennes, 1830" (in Engels). Marinespecies.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Augustus 2018. Besoek op 26 Mei 2014.