Kweper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kweper
Kweper
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Rosaceae
Klas: Spiraeoideae
Orde: Pyreae
Familie: Pyrinae
Genus: Cydonia
Spesie: C. oblonga
Binomiale naam
Cydonia oblonga
Miller

'n Kweper (of Kweperboom) (Engels: Quince, Nederlands: Kweepeer, Latyn: Cydonia oblonga) is 'n plant uit die roosfamilie (Rosaceae). Die plant is vrugdraend en die vrugte word ook na verwys as kwepers.

Dit is vroeër jare algemeen in tuine aangeplant vir die vrugte wat vir konfyt gebruik is. Kwepers word veral in Suid-Afrika geëet vars van die boom af, geskil en met sout bestrooi. Dit word ook gekook in suiker en in pasteie gebruik.