Lorenzo de' Medici
Voorkoms
Lorenzo de' Medici | |
---|---|
Lorenzo de' Medici deur Verrocchio. | |
Gebore | Lorenzo di Piero de' Medici 1 Januarie 1449 |
Sterf | 8 April 1492 |
Nasionaliteit | Italiaans |
Beroep | Staatsman, digter, taal-teoretikus |
Eggenoot | Clarice Orsini |
Kinders | Lucrezia de' Medici Piero de' Medici Maddalena de' Medici Contessina Beatrice de' Medici Giovanni de' Medici, Pous Leo X Luisa de' Medici Contessina de' Medici Giuliano de' Medici, Hertog van Nemours |
Ouer(s) | Piero di Cosimo de' Medici (vader) Lucrezia Tornabuoni (moeder) |
Lorenzo de' Medici (1 Januarie 1449 – 8 April 1492) was 'n Italiaanse staatsman en die de facto heerser van die Florentynse Republiek tydens die Italiaanse Renaissance. Eietydse burgers van Florence het na hom as "Lorenzo die Manjifieke" verwys (Lorenzo il Magnifico).
Hy was 'n diplomaat, politikus en beskermheer van akademici, kunstenaars en digters. Hy het tydens die hoogtepunt van die vroeë Italiaanse Renaissance geleef en sy dood merk ook die einde van Florence se sogenaamde Goue Tydperk.
Hy het gesorg dat vrede tussen die verskeie Italiaanse state onderhou word, maar dié strewe het na sy dood tot niet gegaan. Hy is in die Medici-kapel in Florence begrawe.