Merlucciidae
Voorkoms
Merlucciidae | |
---|---|
Merluccius bilinearis | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Merlucciidae
|
Genera | |
Die stokvisse (Merlucciidae) is 'n visfamilie wat tot die orde Gadiformes behoort. Die stokvis is 'n lid van hierdie familie, wat in totaal een genus met minstens 13 spesies bevat. Twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor. Dit is 'n visfamilie van groot kommersiële waarde.
Agtergrond
[wysig | wysig bron]Die lywe van hierdie visse is lank en 'n V-vormige rif is bo-op die kop aanwesig. Twee dorsale vinne is teenwoordig. Die bekkenvin het 7 strale en die stertvin is onafhanklik van die dorsale en anale vinne geplaas. Hierdie eetbare visse word op die kontinentale bank aangetref.
Genus
[wysig | wysig bron]Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Merluccius
- Merluccius capensis - Stokvis
- Merluccius paradoxus - Diepwaterstokvis
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7