Mioseen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Eon Era Periode Epog Tyd gelede 
(in miljoen jaar)
Fanerosoïkum Kainosoïkum Kwartêr Holoseen 0 - 0,0117
Pleistoseen 0,0117 - 2,588
Neogeen Plioseen 2,588 - 5,333
Mioseen 5,333 - 23,03
Paleogeen Oligoseen 23,03 - 33,9
Eoseen 33,9 - 56,0
Paleoseen 56,0 - 65,5
Mesosoïkum Kryt Laat ouer
Voorstelling van diere tydens die Mioseen-tydperk in Noord-Amerika.

Die Mioseen is 'n tydperk in die geologiese tydskaal tussen 23,03 tot 5,332 miljoen jaar gelede. Die Mioseen kom na die Oligoseen en voor die Plioseen.

Die woord is van Grieks afgelei: μείων (meiōn) = minder; καινός (kainós) = nuwe.

Klimaat[wysig | wysig bron]

Florida in die vroeë Mioseen

Gedurende hierdie tydperk was die klimaat warmer as die voorafgaande oligoseen en word die warmste teen die mid-mioseen. In hierdie tyd het die klimaat 'n optimum bereik (die MMCO Middle Miocene Climatic Optimum). Die temperaruur het ongeveer 15 mj gelede weer gaan afneem. In Suid-Amerika het talle soogdiere toe slegs op laer breedtegraad voorgekom en nie meer in die suide van die kontinent nie. Hierna het dit vinnig afgekoel na die plioseen tydperk toe.[1]

In die vroeë tot midde-Mioseen het Antarktika se yslaag partykeer uitgebrei en gekrimp. Die kleinste yslaag het toendraplantegroei tot 80 km van die kus moontlik gemaak en dit het ook ooreengekom met hoë koolstofdioksiedvlakke in die atmosfeer (>500 ppm). Die laagste vlakke (<280 ppm) het saamgegaan met die grootste uitbreiding van die yslaag tot in die oseaan. Hierdie gegewens is belangrik vanweë die aardverwarming wat in die komende jare kan optree.[2] Die yslaag op Antarktika het omtrent 14 mj gelede amper die onlangse omvang bereik, maar hierdie groei het met 'n hoër temperatuur van die oppervlaktewater van die Suidelike Oseaan gepaard gegaan.[3]

In die Laat Mioseen het die Benguela-stroom begin om die weskus van Suid-Afrika en Namibië te bereik. [4]

Gebeurtenisse[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Horned Armadillos and Rafting Monkeys: The Fascinating Fossil Mammals of South America Darin A. Croft, beelde: Velizar Simeonovski, Indiana University Press, 2016, ISBN 0-253-02094-8, ISBN 978-0-253-02094-9, bls 121
  2. Antarctic ice sheet sensitivity to atmospheric CO2 variations in the early to mid-Miocene Richard Levy et al. PNAS 113 no. 13, 3453–3458.
  3. Climate warming during Antarctic ice sheet expansion at the Middle Miocene transition, Nature Geoscience 7, 376–381, Gregor Knorr, Gerrit Lohmann (2014).
  4. The South Atlantic in the Late Quaternary: Reconstruction of Materials Budgets and Current Systems, Gerold Wefer, Stefan Mulitza, Springer Science & Business Media, 2004, ISBN 3540210288, ISBN 9783540210283, bls 280