Monacanthidae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Monacanthidae
Stephanolepis hispidus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Tetraodontiformes
Familie: Monacanthidae
Genera

Sien teks vir spesies.

Die Vylvisse (Monacanthidae) is 'n vis-familie van die visorde Tetraodontiformes. Daar is een en dertig genera met nege en negentig spesies in die familie. Sewentien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke[wysig]

Die familie Monacanthidae word gereeld met die Snellervisse Balistidae verwar maar daar is wesenlike verskille waarvan die grootste verskil by die dorsale vinne is. Die Monacanthidae het slegs twee dorsale vinne.

Die familie se lywe is plat en bedek met klein skubbetjies. Die voorste dorsale vin is kort en bestaan uit twee strale. Die tweede kleiner straal kan die voorste groter straal in 'n vertikale posisie sluit. Die tweede dorsale en anale vinne lyk amper identies terwyl die bekken vin slegs soos 'n uitgegroeide been lyk. Geslagsdimorfie is algemeen in die familie. Die familie word 3 – 100 cm groot.

Die familie leef hoofsaaklik in koraal- en rotsriwwe, en oor sanderige of modderige bodems tot op dieptes van 200 cm. Die groter spesies is eetbaar.

Genera[wysig]

Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Cantherhines
  • Paraluteres
  • Stephanolepis
  • Stephanolepis auratus - Otjie

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]