Natriumsulfaat
Algemeen | |
---|---|
Naam | Natriumsulfaat |
Chemiese formule | NaSO4 |
Molêre massa | 142,04 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7757-82-6[1] |
Voorkoms | wit vastestof[1] |
Reuk | reukloos[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=586; b=1230,4; c=981,7 pm[2] |
Ruimtegroep | Fddd |
Nommer | 70 |
Strukturbericht | H1₇ |
Smeltpunt | 884 °C[1] |
Kookpunt | (ontbind)[1] |
Digtheid | 2,671 [1] |
Oplosbaarheid | oplosbaar 281 @ 25° C [g/L][1] |
Brekingsindeks | 1,484, 1,477, 1,472 (thénardiet)[1] |
ΔfusHɵ | 24,4 kJ/mol |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar |
LD50 | 5 989 [mg/kg] (muis; oraal) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Natriumsulfaat is 'n sout van natrium en swawelsuur met die chemiese formule Na2SO4.
Kristalstrukture
[wysig | wysig bron]Van die watervrye sulfaat is agt strukture bekend. Die bekendste hiervan is die struktuur van die mineraal Thénardiet. Dit het 'n ortorombiese struktuur wat die argetipe van die H17-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.[2]
Rasmussen et al. het die fasegedrag en die strukture van watervrye natriumsulfaat van 293-534K bestudeer:[3]
Fase | T(K) | a (pm) | b (pm) | c (pm) | Dx Mg/m3 | Ruimtegroep | Nommer |
---|---|---|---|---|---|---|---|
I | 543 | 539,357(13) | 934,294(22) | 724,651(22) | 2,58 | P63/mmc[4] | 194 |
II | 493 | 530,991(22) | 946,928(38) | 714,36(29) | 2,63 | Pbnm (Pnma) | 62 |
III | 463 | 563,041(21) | 904,343(34) | 703,771(24) | 2,63 | Cmcm | 63 |
V | 293 | 585,820(6) | 1229,900(13) | 981,80(11) | 2,67 | Fddd | 70 |
Pbnm (fase II) is 'n subgroep van Cmcm (fase III) en dit is 'n subgroep van P63/mmc (fase I) en hulle eenheidselle is amper dieselfde. Hulle strukture is verwant. Maar die thénardietfase V, wat by kamertermperatuur stabiel is, het 'n struktuur wat nie verwant is nie.
Natriumsulfaat het verskeie hidrate. Hierdie hidrate verklaar die merkwaardige verloop van die sout se oplosbaarheid met die temperatuur. Die bekendste is die dekahidraat Na2SO4·10H2O word Glaubersout genoem. Dit het 'n smeltpunt van 32,4 °C. Die gesmelte sout het 'n neutrale pH (6-7,5).[5] Glaubersout, of mirabiliet het 'n hoë latente smelthitte (80,83 [kJ/mol]) en 'n semltpunt van 32 °C wat dit 'n aantreklike kandidaat maak as 'n bergingsmateriaal vir termiese energie. Die smelttemperatuur en die smelthitte kan verander word deur bv. NaCl by te voeg. Die eutektiese mengsel NaCl·Na2SO4·10H2O het 'n hoër waarde van die smelthitte 108,87 [kJ/mol] en 'n laer smeltpunt 17,5°C.[6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 1,8 "MSDS". Pubchem NIh. Besoek op 19 Januarie 2024.
- ↑ 2,0 2,1 "Thenardite [Na2SO4 (V), H17] Structure : A2B4C_oF56_70_g_h_a". Aflow.
- ↑ Rasmussen, S.E., Jørgensen, J.-.-E., Lundtoft, B. (1996). "Structures and Phase Transitions of Na2SO4". J. Appl. Cryst. 29: 42–47. doi:10.1107/S0021889895008818.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ in ortorombiese beskrywing
- ↑ "MSDS CAS 7727-73-3". Fisher.
- ↑ Ashwin Sankar Deepa, Abhishek Tewari (2022). "Phase transition behaviour of hydrated Glauber's salt based phase change materials and the effect of ionic salt additives: A molecular dynamics study". Computational Materials Science. 203: 111112. doi:10.1016/j.commatsci.2021.111112.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)