Ntsikeni-natuurreservaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

In die Ntsikeni-natuurreservaat in Griekwaland-Oos is die grootste vleiland op so ‘n hoë hoogte bo seespieël in Suid-Afrika.

Ligging[wysig | wysig bron]

Die reservaat lê in die voetheuwels van die Drakensberge, tussen die nedersettings Creighton en Franklin in die suide van kwaZulu-Natal, noord van Kokstad, oos van die R617-pad en suid van Himeville, Underberg en die Coleford-natuurreservaat. Dit is by die koördinate 30° 8′ suid en 29° 28′ oos.

Reservaat[wysig | wysig bron]

Die wildpark is 9 200ha groot, waarvan 1 070ha ‘n vlei op ‘n besonder hoë plato is. Hierdie gebied bereik ‘n hoogte van 1 750m bo seevlak en die hoogste pieke is dikwels in digte mis gehul en is selfs soms bo die wolkdek. Sneeu kom elke jaar voor. Die meer dreineer na die noorde en beheer die vloei vann die bolope van die Umzimkulurivier. Dit speel ‘n groot rol in die waterbewaring en -voorsiening vir die gemeenskappe stroomaf. Omdat die reservaat so afgeleë is, het min ekologiese veranderinge plaasgevind.Die gebied leen hom uitstekend tot voetslaan, perdry, bergfietsry en die bekyk van die dierelewe. Akkommodasie is beskikbaar. Die paaie in die reservaat is in ‘n swak toestand.

Flora en fauna[wysig | wysig bron]

Ongeveer 1 300 plantspesies, waarvan 65 orgideesoorte, kom hier voor. Meer as 120 voëlspesies is al waargeneem. Die bekendste voëls in die reservaat is die grootrietreier (roerdomp), lelkraanvoël, Afrikaanse kwartel, grootriethaan, vleikuikens, grasuil, kransaasvoël, baardaasvoël, geelborskoester, kalkoenibis, witkruisvleivalk, rooireier, Kaapse ooruil, Afrikaanse vleivalk, veldpou en die sangvoël Cisticolidae. Ander diere is die rietbok, groototter, oorbietjie, rooiribbok, vaalribbok, gewone duiker en die padda Leptopelis xenodactylus. In 2008 is swartwildebeeste en blesbokke na Ntsikeni oorgeplaas.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die gebied is in 1978 tot natuurreservaat verklaar. Met ‘n grensverskuiwing is dit in 2006 deur die Oos-Kaap aan kwaZulu-Natal]] oorgedra. In 2010 is dit tot Ramsar-gebied verklaar.

Lees ook[wysig | wysig bron]

Bibliografie[wysig | wysig bron]

  • Bryan, Peter en John Graham: Ntikeni Nature Reserve - an overlooked IBA. In Africa Birds en Birding, Februarie/Maart 2006. www.fitzpatrick.uct.ac.za
  • https://africageographic.com
  • wiki.sabirding.co.za
  • www.saramsar.com