Paramaribo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Paramaribo
Paramaribo-Waterkant.jpg

Kaart Wapen
Suriname-CIA WFB Map.png
Coats of arms of None.svg
Vlag
Flag of None.svg
 Land Vlag van Suriname Suriname
 Provinsie Paramaribo
 Koördinate 05°52′N 55°10′W / 5.867°N 55.167°W / 5.867; -55.167
 Stigting 1603
 Oppervlakte:  
 - Totaal 182 vk km
 Hoogte bo seevlak 3 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2012) 240 924
 - Bevolkingsdigtheid 1 300 /vk km
 Tydsone UTC -03:00
 Burgemeester

Paramaribo is die hoofstad en grootste stad van Suriname. Die stad het 'n bevolking van 240 924 in 2012 gehad en 'n oppervlakte 182 km². Paramaribo is waarskynlik 'n verbastering van 'n Indiaanse naam "Parmirbo". Die stad lê aan die wesoewer van die rivier Suriname en aan die kus van die Atlantiese Oseaan. Die bynaam van Paramaribo is Par'bo. Die historiese stadsentrum is in 2002 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

By die Indiaanse dorp Parmibo is aan die begin van die 17de eeu 'n handelspos opgerig deur Nicolaes Baliestel en Dirck Claez. Dit het egter in Britse hande geval en die Britte het 'n fort, Fort Willoughby gebou. In 1667 het die fort en die ligging in Zeeuse hande geval. Die fort word Fort Zeelandia, en Paramaribo word Nieuw Middelburg. Vanuit die fort word Paramaribo stadig uitgebrei.

Demografie[wysig | wysig bron]

Die Waterkant van Paramaribo soos vanaf die Suriname-rivier gesien.

Paramaribo het 'n oppervlakte van 182 km² waarop 240 924 mense woon. Paramaribo is van alle Surinaamse distrikte die kleinste maar ook die digsbevolkste. Ongeveer 50% van die Surinaamse bevolking woon in Paramaribo.

48% van die bevolking van Paramaribo is Christen, 14% Hindoe, 9% Moslem, 4% is andersgelowig, 4% het nie 'n geloof nie en 21% het by die volkstelling geen antwoord verskaf op hierdie vraag nie.

Nederlands is die mees algemeen gesproke taal. 64% van die mense praat Nederlands as moedertaal en by alle ander huishoudings as tweede taal. Ander tale wat gebruik word is Surinaams (Sranantongo), Sarnami Hindoestani en Javaans.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]