Pieter Gysbert Noodt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Pieter Gysbert Noodt

Goewerneur van die Nederlandse Kaapkolonie
Ampstermyn
25 Februarie 1727 – 23 April 1729
Voorafgegaan deur Jan de la Fontaine (waarnemend)
Opgevolg deur Jan de la Fontaine (waarnemend)

Persoonlike besonderhede
Gebore onbekend
Sterf onbekend

Pieter Gysbert Noodt was goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop van 1727 tot 1729.

Hy was eers in diens van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie as direkteur van fortifikasies in Indië, en besoek die Kaap die eerste maal in 1718, waar hy byna 'n jaar lank vertoef.

Hy was 'n strydlustige en onaangename karakter, maar dit was eers met sy terugkeer na die Kaap in 1727 as goewerneur dat dit duidelik geblyk het presies hoe ongeskik hy vir die amp was. Hy het sommige woude in die binneland verken, maar sy naam word hoofsaaklik verbind met die barbaarse behandeling van 'n aantal soldate, wat tot drostery gedryf is deur sy optrede.

Sy onverwagse dood, terwyl hy nog op sy stoel gesit het, is indertyd gesien as goddelike ingryping. Latere navorsing het egter aan die lig gebring dat sy aandeel in die aangeleentheid nie regtig so erg was as wat vroeër geglo is nie.

Noodt is in die Groote Kerk begrawe in April 1729.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
Voorafgegaan deur
Jan de la Fontaine (waarnemend)
Goewerneur van die Kaap de Goede Hoop
8 September 172425 Februarie 1727
Opgevolg deur
Jan de la Fontaine (waarnemend)