23 April
Voorkoms
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
23 April is die 113de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (114de in skrikkeljare). Daar volg nog 252 dae in die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1014 – Slag van Clontarf: Brian Boru oorwin Wiking-invallers, maar sterf gedurende die slag.
- 1348 – Die Orde van die Kousband gestig deur koning Eduard III van Engeland.
- 1459 – Francesco Todeschini Piccolomini (later Pous Pius III) word biskop van Sienna.
- 1521 – Slag van Villalar: Koning Karel I van Spanje oorwin die Comuneros.
- 1533 – Die Rooms-Katolieke Kerk verklaar die huwelik tussen Catharina van Aragon en Hendrik VIII van Engeland as ongeldig.
- 1597 – The Merry Wives of Windsor vir die eerste keer opgevoer; Koningin Elizabeth I van Engeland was teenwoordig.
- 1660 – Verdrag van Oliva tussen Swede en Pole.
- 1661 – Koning Karel II van Engeland, Skotland en Ierland gekroon in Westminster-abdy.
- 1718 – Pous Clemens XI stig die pouslike akademie vir teologie in Rome.
- 1738 – Georg Schmidt van die Morawiese Sending vestig hom op Baviaanskloof (later Genadendal).
- 1741 – Pous Benedictus XIV verklaar Alessandro Sauli salig.
- 1791 – Pous Pius VI publiseer “Adeo nota” oor die afvalligheid in Avignon.
- 1827 – William Rowan Hamilton bied sy ‘Teorie van stelsels van Strale’ (Engels: Theory of systems of rays) aan.
- 1867 – William Lincoln patenteer die Zoetrope, ’n masjien wat geanimeerde prente vertoon deur ’n reeks van tekeninge op ’n wiel te monteer.
- 1914 – C.J. Langenhoven oortuig die Kaaplandse Provinsiale Raad om Afrikaans te aanvaar as 'n toegelate onderrigmedium tot die vierde standerd in laerskole.
- 1920 – Die Nasionale Raad in Turkye keur die regering van sultan Mehmet VI af, en kondig ’n voorlopige konstitusie aan.
- 1933 – Die Gestapo word gestig in Duitsland.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Nadat Britse bomwerpers die Duitse stad Lübeck in Maart vernietig het, begin die Duitse Lugmag die sogenaamde Baedeker Blitz op Engelse stede. Die stede wat in Karl Baedeker se reisgids met drie sterre geranglys is, is Exeter, Bath en York. Exeter word eerste deur die Duitse bomwerpers aangeval.
- 1948 – 1948 Arabies-Israeli-oorlog: Haifa, die vernaamste hawe van Israel, oorgeneem deur Palestynse magte.
- 1962 – Ranger 4, 'n onbemande ruimtetuig, word gelanseer.
- 1967 – Sojoes 1 word gelanseer in ’n wentelbaan en vervoer 'n enkele ruimtevaarder, kolonel Wladimir Komarof, wat sterf toe die ruimtetuig val tydens sy terugkeer na die aarde.
- 1968 – Die Verenigde Koninkryk vervaardig hulle eerste gedesimaliseerde munte, ’n 5p- en ’n 10p-munt.
- 1968 – New York: Betogende studente aan die Universiteit van Columbia sluit die universiteit.
- 1974 – ’n Boeing 707 van die Pan American World Airways val in Bali, Indonesië - 107 sterf.
- 1990 – Namibië word die 160ste lid van die Verenigde Nasies en 50ste lid van die Britse Statebond
- 1993 – Eritrea stem in 'n referendum met ’n meerderheid vir onafhanklikheid van Ethiopië.
- 1994 – Die “topkwark” subatomiese partikel word ontdek.
- 2001 – Intel onthul die Pentium 4-verwerker.
- 2003 – Beijing sluit alle skole vir twee weke na 'n uitbraak van die EARS-virus.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1564 – William Shakespeare, Britse skrywer en akteur († 1616).
- 1728 – Samuel Wallis, Engelse seevaarder wat om die wêreld geseil het († 1795)
- 1791 – James Buchanan, 15de President van die Verenigde State († 1868).
- 1823 – Abdülmecid I, Ottomaanse sultan († 1861).
- 1856 – Granville T. Woods, Amerikaanse uitvinder († 1910).
- 1858 – Max Planck, Duitse wetenskaplike en ontvanger van die Nobelprys vir Fisika, 1918 († 1947).
- 1874 – Wilhelm Johannes Verwoerd, vader van Hendrik Verwoerd († 1961).
- 1882 – Albert Coates, Britse komponis († 1953).
- 1894 – Frank Borzage, Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger († 1962).
- 1926 – J. P. Donleavy, Iers-Amerikaanse skrywer en dramaturg († 2017).
- 1926 – Ruth Leuwerik, Duitse aktrise († 2016).
- 1928 – Shirley Temple, Amerikaanse aktrise en politikus († 2014).
- 1928 – Doc Immelman, Suid-Afrikaanse skrywer († 2013).
- 1936 – Roy Orbison, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en musikant wat bekend is vir sy emosiebelaaide sangstyl, ingewikkelde liedstrukture en donker, intense ballades († 1988).
- 1939 – Lee Majors, Amerikaanse akteur.
- 1940 – Sias Reinecke, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer (Groep Twee) († 1982).
- 1955 – Judy Davis, Australiese aktrise.
- 1964 – Aviv Kochavi, Israelse generaal.
- 1971 – Kevin Mileham, Suid-Afrikaanse politikus, skaduminister van die Demokratiese Alliansie.
- 1977 – Kasper Andersen, Deense akteur.
- 1979 – Jaime King, Amerikaanse aktrise, vervaardiger en skryfster.
- 2018 – Prins Louis van Wallis (gedoop Louis Arthur Charles), seun van William, Prins van Wallis, en 'n Britse troonopvolger.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1014 – Brian Boru, Ierse koning (* ~940).
- 1016 – Ethelred II, koning van Engeland (* 968).
- 1124 – Alexander I van Skotland (* ~1078).
- 1200 – Zhu Xi, Chinese filosoof tydens die Song-dinastie (* 1130).
- 1605 – Boris Godoenof, eerste tsaar van Rusland (* ~1550).
- 1616 – William Shakespeare, Engelse skrywer en akteur (* 1564).
- 1616 – Miguel de Cervantes, Spaanse skrywer (* 1547).
- 1729 – Pieter Gysbert Noodt, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1681).
- 1757 – Arnoldus Mauritius Meiring, Nederlandse predikant en stamvader van die Meirings in Suid-Afrika (* 1695).
- 1850 – William Wordsworth, Engelse digter (* 1770).
- 1951 – Charles G. Dawes, Amerikaanse bankier, politikus en ontvanger van die Nobelprys vir Vrede, 1925 (* 1865).
- 1959 – Colin Steyn, Suid-Afrikaanse regsgeleerde en politikus (* 1887).
- 1975 – William Hartnell, Britse akteur (* 1908).
- 1986 – Otto Preminger, Oostenryksgebore Amerikaanse regisseur (* 1905).
- 1990 – Paulette Goddard, Amerikaanse aktrise (* 1910).
- 1992 – Satyajit Ray, Indiese rolprentvervaardiger (* 1921).
- 1993 – Bertus Aafjes, Nederlandse digter en skrywer (* 1912).
- 2007 – Boris Jeltsin, Russiese politikus en staatsman, President van die Russiese Federasie (* 1931).
- 2022 – Dawie de Villiers, Suid-Afrikaanse politikus en twee-en-dertigste Springbokkaptein (* 1940).
- 2022 – Orrin Hatch, Amerikaanse senator en komponis (* 1934).
Vakansiedae
[wysig | wysig bron]- Wêreldboekedag
- Sint Jorisdag in Engeland.
- Jurgi-fees, in vroeëre Letland.
- Onafhanklikheidsdag vir die Conch Republiek
Wikimedia Commons bevat media in verband met 23 April. |