Port Jackson (boom)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Port Jackson
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(klade): Angiosperms
(klade): Eudicots
(klade): Rosids
Orde: Fabales
Familie: Fabaceae
Genus: Acacia
Spesie: A. saligna
Binomiale naam
Acacia saligna
(Labill.) H.L.Wendl.
Sinonieme

Acacia cyanophylla Lindley

Die Port Jackson (Acacia saligna) is 'n indringerplant in Suid-Afrika wat inheems is aan Australië waar dit in die suidweste van die land voorkom. Die boom staan ook bekend as die goudwilger. Die plant groei in fynbos, kusduine, langs paaie, waterlope en bosveld.

Blomme en blare.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die boom word tot 7 m hoog, is middelgroot, immergroen en doringloos. Die plant kom voor as 'n boompie of struik. Die bas is glad en liggrys. Die takke is dikwels verwronge met groot bruin galle of swelsels. Die blare is enkelvoudig, ellipties en heldergroen. Die heldergeel blomme kom in bolvormige hofies voor. Hulle is oorvloedig en okselstandig. Die saadpeul het 'n harde, ligkleurige rand. Die boom word vir duinherwinning en looibas gekweek.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Acacia saligna

Bron[wysig | wysig bron]