R369 (Suid-Afrika)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Streeksroete R369 shield

Streeksroete R369
Belangrike aansluitings
Wespunt R357 naby Prieska
  N12
R387
R48
Oospunt N1 Colesberg
Ligging
DorpeHopetown
Orania
Petrusville
Snelwegstelsel
Genommerde roetes in Suid-Afrika
R366R370

Die R369 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat die R357-streeksroete, 30 kilometer vanaf Prieska met Colesberg verbind via Hopetown. Van die R357 tot by Hopetown is 102 km. Hier maak die roete 'n verspringende kruising met die N12-nasionale pad voor dit na Colesberg gaan. Die roete gaan dan deur Orania en elf km verder draai die R387-streekroete af. Na 21 km ontmoet die R369 die R48-provinsiale pad en word medebeskryf tot net na Petrusville. Die R369 gaan weer suidoos, gaan deur Basternek net voor dit Colesberg bereik en eindig.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]