R355 (Suid-Afrika)
Voorkoms
Streeksroete R355 | ||||
---|---|---|---|---|
Belangrike aansluitings | ||||
Suidpunt | R46 40 km wes van Ceres | |||
R357 R358 N7 | ||||
Noordpunt | Kleinsee | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Calvinia Loeriesfontein Springbok Grootmis | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Die R355 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat die R46-provinsiale pad naby Ceres met Kleinsee verbind. Die roete begin waar dit van die R46-provinsiale pad aftak by Hottentotskloof. Hierna gaan die roete noordwaarts, deur Papkuilsnekpas en Bloukranspas voor dit Calvinia bereik. Hiervandaan gaan die roete deur Loeriesfontein en deel die R357 vir 10 km, gaan weer noordwes, deel dan die R358 vir 15 km. Dan gaan die roete deur Aalwynsfontein, Platbakkies en Gamoep voor dit Springbok bereik waar die N7-nasionale pad gekruis word. Die roete gaan weswaarts deur die Spektakelpas, Grootmis en eindig in Kleinsee.