Saffier-nooientjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Saffier-nooientjie
Bewaringstatus

Nie geëvalueer (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Pomacentridae
Genus: Pomacentrus
Spesie: P. pavo
Binomiale naam
Pomacentrus pavo
(Bloch, 1787)

Die Saffier-nooientjie (Pomacentrus pavo) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, meer spesifiek aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Sapphire damsel.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 11 cm lank en die lyf is blougroen tot ligblou van kleur. Daar is soms ook 'n klein oor-kol teenwoordig. Die groter volwasse visse mag geel pektorale vinne hê en die agterste helfte van die stertvin mag ook geel wees. Hulle bly in tropiese strandmere en vlak koraalriwwe in water wat 1 tot 16 m diep is. Hier kom hulle in klein tot groot groepe voor waar hulle in die koraal speel. Die vis vreet soöplankton en alge.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]