Salman Rushdie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sir Salman Rushdie
Rushdie in Mei 2014
Geboortenaam Ahmed Salman Rushdie
Gebore 19 Junie 1947
Moembaai, Britse Indië
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Alma mater King's College, Universiteit van Cambridge
Beroep Skrywer
Bekend vir Midnight's Children (1981)
The Satanic Verses (1988)
The Moor's Last Sigh (1995)
Shalimar the Clown (2005)
The Enchantress of Florence (2008)
Eerbewyse Booker-prys 1981
Huweliksmaat Clarissa Luard, Marianne Wiggins, Elizabeth West, Padma Lakshmi

Sir Ahmed Salman Rushdie (gebore 19 Junie 1947) is 'n Brits-Indiese romanskrywer en essayis. Sy tweede roman, Midnight's Children, het in 1981 die Booker-prys gewen. Sy kontroversiële vierde roman, The Satanic Verses, het internasionale opspraak gemaak toe die ajatolla Ruhollah Khomeini as gevolg daarvan 'n fatwā vir Rushdie se teregstelling op 14 Februarie 1989 uitgevaardig het.

Rushdie woon sedert 2000 in Amerika, waar hy by Emory Universiteit werksaam was.