Santo Domingo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Santo Domingo
Santo Domingo de Guzmán
SantoDomingoedit.JPG

Kaart Wapen
Dominican Republic-CIA WFB Map.png
Escudo de Santo Domingo de Guzmán.svg
Vlag
Flag of None.svg
 Land Vlag van Dominikaanse Republiek Dominikaanse Republiek
 Provinsie Distrito Nacional
 Koördinate 18°28′N 69°57′W / 18.467°N 69.950°W / 18.467; -69.950
 Gestig op 4 Augustus 1496
 Oppervlakte:  
 - Totaal 104,44 vk km
 Hoogte bo seevlak 14 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2010) 965 040
 - Bevolkingsdigtheid 9 240/vk km
 - Metropolitaanse gebied 2 908 607
 Tydsone PST (UTC -4)
 Burgemeester Roberto Salcedo
 Amptelike Webwerf adn.gob.do

Santo Domingo (Spaans: [ˈsanto ðoˈmiŋɡo], amptelik Santo Domingo de Guzmán, letterlik: "Sint Dominicus de Guzman") is die hoofstad en grootste stad van die Dominikaanse Republiek, 'n land op die Karibiese eiland Hispaniola tussen die Atlantiese Oseaan in die noorde en die Karibiese See in die suide. Die stad het 'n bevolking van 965 040 in 2010 gehad en het 'n oppervlakte van 104,44 km².

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Kaart van Santo Domingo in 1873

Santo Domingo is die oudste Europese nedersetting in die Amerikas en is op 4 Augustus 1496 deur Bartholomeüs Columbus, die broer van Christophorus Columbus, gestig. Ongeveer 40 jaar na die nedersetting se ontstaan het die goudreserwes uitgewerk geraak en die plaaslike Indiaanse arbeidsmag het uitgeput geraak as gevolg van siektes, oorloë en immigrasie. Die stad is geplunder deur Francis Drake in 1586 en beset deur Haïti van 1822 tot 1844. Daarna was hulle egter oorwin, verwilder en die Dominikaanse Republiek gestig. Van 1916 tot 1924 is die gebied beset deur Amerikaanse Mariene Korps. Op 3 September 1930 is die stad deur 'n tropiese sikloon feitlik vernietig en herbou. Die stad is in 1936 deur die diktator Rafael Trujillo hernoem na Ciudad Trujillo ([sjuˈðað tɾuˈhiʎo]) maar het sy oorspronklike naam in 1961 terug gekry.

Die koloniale stad van Santo Domingo is in 1990 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]