Wes-Indië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wes-Indië
Ligging van Wes-Indië ten opsigte van die Amerikas
Ligging van Wes-Indië ten opsigte van die Amerikas
Geografie
Ligging Atlantiese Oseaan, Karibiese See, Golf van Meksiko
Koördinate 21°59′N 79°2′W / 21.983°N 79.033°W / 21.983; -79.033
Totale eilande meer as 100
Hoofeilande Bahamas, Groot en Klein Antille
Oppervlakte 234 325 vk km
Administrasie
Sien teks.
Demografie
Bevolking 39 156 084

Wes-Indië, dikwels ook die Wes-Indiese of Karibiese Eilande genoem, is 'n eilandboog tussen die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan.

Geografie[wysig | wysig bron]

Die eilandboog word verdeel in die volgende eilandgroepe:

Bahamas in its region.svg Bahamas Alhoewel die Bahamas in geografiese opsig in die Atlantiese Oseaan geleë is, word hulle nogtans by die Karibiese Seegebied gereken.
Caribbean - Greater Antilles.PNG Groot Antille Kuba, Jamaika, Hispaniola en Puerto Rico
Caribbean - Lesser Antilles-2010-24-05.PNG Klein Antille Die Klein Antille word verder verdeel in die Bowindse Eilande (Maagde-eilande vanaf Grenada) en die Benedewindse Eilande (Isla Margarita tot Aruba).

Naam[wysig | wysig bron]

Herman Moll: A Map of the West-Indies, 1736

Die benaming Wes-Indiese Eilande gaan terug op 'n historiese vergissing. Die vroeë ontdekkingsreisigers en veroweraars soos Christophorus Columbus was eintlik van voorneme om Indië, die Keiserryk Sjina (destyds ook Cathay genoem) of Japan (Cipangu) op die westelike seeroete te bereik en het nie verwag dat hulle 'n nuwe vasteland sou ontdek wat destyds in Europa nog onbekend was nie. Die eilandnaam Antille is dan ook van die Latynse ante ilium ("eilande net voor die kus") afgelei, dus die eilande voor die Sentraal-Amerikaanse kus.

Die Engelssprekende deel van die Wes-Indiese Eilande staan ook bekend as Britse Wes-Indiese Eilande (British West Indies).

Bron[wysig | wysig bron]

  • (en) Rosanne Adderly, "West Indies," in Encyclopedia of Contemporary Latin American and Caribbean Cultures, Volume 1: A-D (London and New York: Routledge, 2000): 1584.
Gebiede van die wêreld
Afrika: Sentraal-Afrika | Oos-Afrika | Groot Mere | Guinee | Horing van Afrika | Noord-Afrika | Magreb | Noordwes-Afrika | Sahara | Sahel | Suider-Afrika | Afrika suid van die Sahara | Soedan | Wes-Afrika
Amerikas: Andes-state | Karibiese Eilande | Sentraal-Amerika | Groot Mere | Groot  Vlaktes | Guianas | Latyns-Amerika | Noord-Amerika | Noordelike-Amerika | Patagonië | Suid-Amerika | Suidelike Keël
Eurasië: Anatolië | Arabië | Asië | Balkan | Baltiese lande | Benelux | Britse Eilande | Kaukasië | Sentraal-Asië | Sentraal-Europa | Oos-Asië | Oos-Europa | Oos-Indies | Europa | Verre-Ooste | Indiese subkontinent | Levant | Mediterreense gebied | Midde-Ooste | Noord-Asië | Noord-Europa | Na-Sowjetse lande | Skandinawië | Suidoos-Asië | Suid-Europa | Wes-Asië | Wes-Europa
Oseanië: Australasië | Melanesië | Mikronesië | Polinesië | Stille Oseaanrand
Poolgebiede: Noordpoolgebied | Antarktika

Koördinate: 21°59′N 79°2′W / 21.983°N 79.033°W / 21.983; -79.033