Bridgetown, Barbados

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Bridgetown
Bridgetown1.jpg

Kaart Wapen
Barbados-CIA WFB Map.png
City of Bridgetown, Barbados Armorial bearing.jpg
Vlag
Flag of None.svg
 Land Vlag van Barbados Barbados
 Eiland Barbados
 Koördinate 13°05′N 59°36′W / 13.083°N 59.600°W / 13.083; -59.600
 Gestig op 5 Julie 1628
 Oppervlakte:  
 - Totaal 38,8 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 96 578
 - Bevolkingsdigtheid 2 489/vk km
 - Metropolitaanse gebied
 Tydsone UTC -04:00
 Burgemeester

Bridgetown is die hoofstad, grootste stad en vernaamste hawe van Barbados, 'n eilandnasie in die Karibiese See. Die stad het in 2006 'n bevolking van 96 578 gehad en 'n bevolkingsdigtheid van 2 489/vk km. Die stad is op 5 Julie 1628 deur Britte onder Charles Wolverstone gestig. Die historiese middestad van Bridgetown is in 2011 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.[1]

Ekonomie[wysig | wysig bron]

Bridgetown is 'n belangrike finansiële sentrum vir Wes-Indië. Talle belangrike banke is in dié hawestad gevestig. Dit is ook die ligging van die Barbados Stock Exchange, een van die belangrikste aandelebeurse in die Karibiese gebied. Verder speel toerisme 'n belangrike rol in die ekonomie en word rum, suiker en melasse geproduseer.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Bridgetown is in 1628 as 'n Britse kolonie met die naam Town of Saint Michael (dorp van St.-Michael) gestig. Voor dit was die gebied waarskynlik deur Arowak-indiane bewoon, maar hulle was teen daai tyd nie meer daar nie. Die Europeërs het wel 'n primitiewe brug wat oor die rivier gebou is gevind. Die stad is in die omgewing van hierdie brug gebou, vanwaar die plek die bynaam Bridgetown gekry het. Ná verloop van tyd het hierdie bynaam die stad se amptelike naam geword.

Van 1800 tot 1885 was Bridgetown die hoofstad van die Britse Bowindse Eilande. In 1966 het Barbados onafhanklik geword.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]