Shosholoza Meyl

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Spoornetwerk van die Shosholoza Meyl.

Shosholoza Meyl is 'n afdeling van PRASA (Passenger Rail Agency of South Africa) wat langafstand (tussenstedelike) passasiersdienste aanbied. Hulle bedryf verskeie treine regoor Suid-Afrika,[1] en vervoer nagenoeg 4 miljoen passasiers per jaar.[2] Voor 2009 het Shosholoza Meyl deel uitgemaak van Spoornet, maar dit is ná die stigting van PRASA aan hulle oorgedra.

Die eerste deel van die naam, Shosholoza is 'n Zoeloewoord wat beteken "om vorentoe te beur". Dit is ook die naam van 'n gewilde Suid-Afrikaanse volksliedjie. Meyl is afgelei van mayili wat in die volksmond "langafstandtrein" beteken.

In Augustus 2010 het Shosholoza Meyl hulle dienste opgeskort. Na bewering as gevolg van kontrakprobleme (tussen Transnet en Prasa) of onbetroubare treine. Van die dienste is weer in November 2010 hervat.[3][4]

Roetes[wysig | wysig bron]

Shosholoza Meyl bedien die volgende roetes:

Spoorgebruik[wysig | wysig bron]

Die Shosholoza Meyl by Quarry naby Touwsrivier.

Shosholoza Meyl treine loop op die Kaapspoor (spoorwydte van 1067 mm) hoofstroomspoorlyn van Transnet. Die treine word deur lokomotiewe getrek. Die meeste roetes is vol-geëlektrifiseerde 3 kV GS en 25 kV WS-stelsels, met gewoonlik Klas 6E1-lokomotiewe op die 3 kV-stelsel en klas 7E1 op die 25 kV-stelsel. Diesel word vir die Johannesburg - Port Elizabeth treine tussen Bloemfontein en Noupoort gebruik, en op die Durban - Kaapstad treine tussen Bloemfontein en Kimberley. Voor 2002 was die Pretoria - Kaapstadtreine ook deur diesellokomotiewe tussen Kimberley en De Aar getrek.

Samestele[wysig | wysig bron]

Die treine word saamgestel uit drie soorte waens:

  • Sleeper 4: ses 4-persoon kompartemente en twee 2-persoon koepees, met stort- en toiletgeriewe.
  • Sleeper 6: ses 6-persoon kompartemente en twee 3-persoon koepees, met stort- en toiletgeriewe.
  • Sitter: 72 sitplekke, in 18 rye van 4 sitplekke elk met 'n paadjie in die middel, plus toiletgeriewe. Daar is ook verskeie ouer tipes waens met verskillende geriefsvlakke in gebruik as sitters.

Sedert 1 Julie 2006 het Shosholoza Meyl sy Sleepers en Sitters as afsonderlike treine bedryf. Vanaf 1 November 2006 is slaapwaens weer ingestel op uitgesoekte Ekonomietreine, al was hierdie besluit egter kort daarna omgekeer. Deesdae het die ekonomietreine weer net Sitter waens.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: