Hennenman
Hennenman | |
---|---|
Koördinate: 27°58′0″S 27°02′0″O / 27.96667°S 27.03333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Lejweleputswa |
Munisipaliteit | Matjhabeng |
Stigting | 1927 |
Regering | |
• Raadslid | Moeketsi Augus Mothege (ANC) |
Oppervlak | |
• Totaal | 9,8 km2 (3,8 vk. myl) |
Hoogte | 1 396 m (4 580 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 24 355 |
• Digtheid | 2 485/km2 (6 440/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 11.6% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 0.4% |
• Swart mense | 87.4% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 77.3% |
• Afrikaans | 12.9% |
• Xhosa | 4.0% |
• Gebaretaal | 1.4% |
• Ander | 4.4% |
Poskode (strate) | 9445 |
Poskode (posbusse) | 9445 |
Skakelkode | 057 |
Hennenman is 'n dorpie tussen Welkom en Kroonstad, in die Lejweleputswa Distriksmunisipaliteit van die Vrystaatprovinsie van Suid-Afrika.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Binne die distrik is die dorp ongewoon deurdat sy ekonomie hoofsaaklik op landbou gegrond is pleks van op goud, maar dit is tog deel van die Vrystaatse Goudveld. Die dorp, wat aanvanklik uit 'n spoorwegstasie ontwikkel het, was voorheen bekend as Ventersburg Weg. Die rede hiervoor was dat Hennenman gedien het as 'n spoorhoof vir Ventersburg wat 18 km verder oos geleë is.
Op 'n vergadering op 25 Mei 1927 is die naam verander na Hennenman toe 'n vooraanstaande plaaslike boer vernoem is. Hy was Petrus Hennenman wat hom in 1860 in die Oranje-Vrijstaat gevestig het, waarna hy in 1873[2] die plaas Zwartpan aangekoop het. Op 5 Desember 2000 is Hennenman geïnkorporeer in die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit, wat die stad Welkom en die dorpe Allanridge, Odendaalsrus, Ventersburg en Virginia insluit.
Voor en tydens die apartheidsjare, het swart mense 'n afsonderlike gebied in die suidelike deel van Hennenman bewoon, wat in 1944 uitgelê is. In 1952 is hierdie huise egter gesloop deur die apartheidsregering weens hul nabyheid aan die wit gebiede. Die inwoners is onder dwang verskuif na 'n nuwe woongebied 15 km van Hennenman af, ironies genaamd Vergenoeg. Die naam van hierdie woongebied is later verander na Phomolong.
Distrik
[wysig | wysig bron]Die distrik is 598 km2 groot en is in 1963 geproklameer. Mielies is die belangrikste landbouproduk. Na die ontdekking van kalksteen is twee sementfabrieke hier ontwikkel, waarvan een by Whites is.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Gereformeerde kerk Hennenman
- NG gemeente Hennenman
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
- Phomolong, sy township
Verwysings
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.