Skilder-hengelaar
Voorkoms
Skilder-hengelaar | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. pictus
|
Binomiale naam | |
Antennarius pictus (Shaw, 1794)
|
Die Skilder-hengelaar (Antennarius pictus) is 'n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan, meer spesifiek in die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Painted anglerfish.
Identifikasie
[wysig | wysig bron]Die vis word tot 25 cm lank en is geel, bruin en pienk bont gevlek met onreëlmatige donker en wit kolle op. Daar is ook verskeie los lelle wat op die lyf voorkom.
Die vis leef in rotsagtige kusareas en aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat tot 40 m diep is. Dit vreet vis en skaaldiere. Die vis word selde gesien.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3