Soleidae
Voorkoms
Soleidae | |
---|---|
Pegusa lascaris | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | Soleidae
|
Genera | |
Sien teks. |
Soleidae is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Pleuronectiformes. Daar is 30 genera met ten minste 120 spesies wat hoort tot dié familie. Sewentien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Agtergrond
[wysig | wysig bron]Die visse van die familie se koppe en lyf is baie plat. Die oë is langs mekaar aan die regterkant van die kop. Die dorsale vin begin by die oë en die bekken- en anale vinne is een vin wat by die bek begin. Die pektorale vinne is goed ontwikkel. Die familie verkies water nie dieper as 300 m nie en verkies sanderige of modderige bodems.
Genera
[wysig | wysig bron]Die volgende genera word in Suid-Afrika gevind:
- Austroglossus
- Austroglossus microlepis - Weskustongvis
- Austroglossus pectoralis - Ooskustongvis
- Barnardichthys
- Barnardichthys fulvomarginata - Suurlemoen-tongvis
- Heteromycteris
- Heteromycteris capensis - Kaapse tongvis
- Pardachirus
- Pardachirus marmoratus - Gespikkelde tongvis
- Pegusa
- Pegusa nasuta - Swarthand-tongvis
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7