Verskil tussen weergawes van "Hubble-ruimteteleskoop"

Jump to navigation Jump to search
k
[[Swartgat]]e is plekke waar swaartekrag só sterk is dat dit alle ander kragte in die heelal oorweldig. Niks kan uit 'n swartgat ontsnap nie - nie eers lig nie, wat beteken dat dit onmoontlik is om een direk te sien. Die idee van 'n swartgat is vir die eerste keer in die 18de eeu geopper, gebaseer op die destyds bekende swaartekragwette. Hoe massiewer 'n voorwerp is, of hoe kleiner sy grootte, hoe sterker is die swaartekrag op sy oppervlak. Verskeie wetenskaplikes het aangevoer dat indien 'n voorwerp of uiters massief of uiters klein was, sy swaartekrag so sterk sou wees dat niks daaruit kan ontsnap nie.
 
Hubble het egter iets waargeneem wat die beskrywing van 'n swartgat pas.<ref>[http://nssdc.gsfc.nasa.gov/photo_gallery/caption/hst_blkhole.txt ''Hubble confirms existence of massive black hole at heart of galaxy'']. StSci persboodskap: PRESS RELEASE NO.: STScI-PR94-23. Verkry op 27 April 2010.</ref> Iets by die kern van die sterrestelsel M87 neem soveel plek in as die Sonnestelsel, maar weeg soveel as drie miljard sonne. Dit is duidelik dat die sterre in die stelsel vir slegs 'n breukdeel van die hele sterrestelsel se swaartekrag verantwoordelik is, dus moet daar iets anders wees wat só 'n kragtige aantrekking veroorsaak.
 
=== Ouderdom van die heelal ===
 
=== Gammastraal-uitbarstings ===
In die sestigerjare het Amerikaanse wetenskaplikes satelliete ontwerp met die doel om straling van Russiese kernwapentoetse op te spoor. Die satelliete het egter massiewe stralinguitbarstings in die diepe ruim waargeneem. Dekades langlank kon niemand agterkom waar hierdie uitbarstings vandaan kom of wat dit veroorsaak nie. Met Hubble se koms was wetenskaplikes egter in staat om die spore van hierdie uitbarstings terug te volg tot sterrestelsels met uiters vinnige sterproduksie, soos die [[Magellaanse Wolke|Groot Magellaanse Wolk]]. Dit het geblyk dat hierdie uitbarstings plaasvind wanneer 'n massiewe ster ineenstort.
 
Volgens NASA is sulke uitbarstings moontlik die kragtigste ontploffings in die heelal sedert die Oerknal.
84 346

wysigings

Navigasie-keuseskerm