Steentjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Steentjie
'n Naverwante Atlantiese soort
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Sparidae
Genus: Spondyliosoma
Spesie: S. emarginatum
Binomiale naam
Spondyliosoma emarginatum
(Valenciennes, 1830)

Die Steentjie (Spondyliosoma emarginatum) is 'n vis wat voorkom vanaf Langebaan tot by die Transkei in Suid-Afrika. Wanneer die vissie nog klein is staan dit bekend as die Bloukopsteentjie in die Kaap.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die Steenjie is 'n klein vissie wat nooit meer as 0.5 kg swaar word nie. Hulle het 'n langerige lyf met 'n skerp snoet. Die boonste kant van die vis is bruinerig tot staalblou terwyl die onderste kant van die liggaam baie ligter is. Die stert is gevurk. Pasgevange Steentjies het sewe vertikale strepe langs die kante. Daar is 'n prominente horisontale lyn op die kante van die vis wat uitstaan.

Habitat en gewoontes[wysig | wysig bron]

Die vissies kom in groot skole voor aan die bokant van riwwe. Hulle eet graag rooiaas, klein krappe en die vleis van dooie visse.

Die vissie is gewild onder die hengelaars om as aas gebruik te word vir kabeljou, geelbek en elwe.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]