Suurbergbroodboom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Suurbergbroodboom
Nasionale nommer: 9 [1]
Vroulike eksemplaar in die Suurberg
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Cycadophyta
Klas: Cycadopsida
Orde: Cycadales
Familie: Zamiaceae
Genus: Encephalartos
Spesie: E. longifolius
Binomiale naam
Encephalartos longifolius
(Jacq.) Lehm.

Die Suurbergbroodboom (Encephalartos longifolius) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die plant kom oor 'n wye gebied voor, dit begin wes van Joubertina in die Kougaberge tot by die Suuranysberge. Dit kom ook in die oostelike deel van die Baviaanskloofberge, die Elandsberg asook gedeeltes van die Groot-Winterhoekberge voor. Daar is ook populasies in die Klein-Winterhoekberge, die Zuurberg en verder oos tot in die Grahamstad-distrik. Die plant word tot 4.5 m hoog. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare. Dit word gevind vanaf 200 tot 1500 m bo seevlak. Die jaarlikse reënval in die gebied waar dit voorkom varieer van 300 tot 1250 mm.

Die plant is gewild onder tuiniers en word bedreig deur diefstal uit hulle natuurlike omgewing. Hierdie boom en Encephalartos caffer is reeds in 1772 geïdentifiseer deur Carl Peter Thunberg. Die boom se nasionale nommer is 9.[2] In Engels staan die broodboom as die Suurberg cycad bekend.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]