Talang-koninginvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Talang-koninginvis
Talang queenfish 2.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superclass:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. commersonianus
Binomiale naam
Scomberoides commersonianus
Lacepède, 1801

Die Talang-koninginvis (Scomberoides commersonianus) is 'n vis wat aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf Oos-Londen noordwaarts voorkom. Dit is 'n tropiese vis wat warmer waters verkies en meer volop raak vanaf Durban en verder noord.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis is lank en plat. Die rug is donker- tot olyfgroen, die sye is silwer en die pens is wit. Die sye het normaalweg 'n geel skynsel. Daar is ook 'n horisontale lyn op die sye met vyf of meer donker kolle bo die lyn wat kleiner word na agter. Die vis weeg normaalweg minder as 5 kg.

Habitat en gewoontes[wysig | wysig bron]

Hulle kom veral naby riwwe in sandbaaie voor en is grootliks alleenlopers. Hulle verkies donkerder waters of warm, groenige water. Hulle eet klein vissies soos harders en ansjovis. Hulle word beide vanaf die kus en bote gevang.

Dit is nie 'n gewilde eetvis nie.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]