Tamatie-klipkabeljou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Tamatie-klipkabeljou
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Serranidae
Subfamilie: Epinephelinae
Genus: Cephalopholis
Spesie: C. sonnerati
Binomiale naam
Cephalopholis sonnerati
(Valenciennes, 1828)

Die tamatie-klipkabeljou (Cephalopholis sonnerati) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese gebied, die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. Dit is een van die visse wat meer volop in die riwwe aflandig van Oos-Afrika is. In Engels staan die vis bekend as die Tomato rockcod.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 57 cm lank. Die kleur van die vis wissel van helder rooi tot bruin-grys met groot wit kolle wat oral op die kop, lyf en vinne voorkom' behalwe die pektorale vinne. Die kop se profiel is effens konkaaf. Die vis het die vermoë om sy kleur vinnig te kan verander, afhangende van sy optrede.

Hulle leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 12 tot 100m diep is. Hulle is gewoonlik alleenlopers maar kom ook in pare voor. Die Tamatie-klipkabeljou vreet klein vissies en skaaldiere.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Cabanban, A.S., Myers, R., Yeeting, B., Pollard, D., Kulbicki, M. & Fennessy, S. 2008. Cephalopholis sexmaculata. In: IUCN 2013. IUCN Red List of Threatened Species. Version 2013.1. <www.iucnredlist.org>. Downloaded on 09 September 2013.

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]