Thai Airways

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Thai Airways International
บริษัท การบินไทย จำกัด (มหาชน)
IATA
TG
ICAO
THA
Roepsein
THAI
Gestig 1 Mei 1960 (smelt saam met Thai Airways Company op 1 April 1988)
Hoofspil Suvarnabhumi Internasionale Lughawe
Fokusstede Chiang Mai Internasionale Lughawe
Incheon Internasionale Lughawe (Seoel)
Phuket Internasionale Lughawe
Lojaliteitsprogram Royal Orchid Plus
Lughawesitkamer Royal First Lounge
Royal Orchid Spa
Royal Silk Lounge
Royal Orchid Lounge
Alliansie Star Alliance
Dogtermaatskappye Thai Smile (100%)
Vlootgrootte 94 (uitsluitend Thai Smile)
Bestemmings 78
Slagspreuk Smooth as Silk/ I Fly THAI
Houermaatskappy Thaise Minister van Finansies
Hoofkantoor 89 Thanon Vibhavadi Rangsit, Jom Phol Subdistrik, Khet Chatuchak, Bangkok, Thailand
Sleutelpersone Prajin Juntong (voorsitter)
Sivakiat Chayema (waarnemende hoof uitvoerende beampte)
Omset Green Arrow Up Darker.svg THB 212.44 miljard (2013)
Netto inkomste Red Arrow Down.svg THB -12.04 miljard (2013)
Totale bates Green Arrow Up Darker.svg THB 307.08 miljard (2013)
Webtuiste www.thaiairways.com

Thai Airways (Thai: บริษัท การบินไทย จำกัด (มหาชน)) is die vlagdraerlugredery van Thailand. Die lugredery is in 1988 gestig en sy hoofkwartier is in Vibhavadi Rangsitweg, Chatuchakdistrik, Bangkok. Dit bedryf hoofsaaklik vlugte uit Suvarnabhumi Lughawe. THAI is 'n stigterslid van die Star Alliance. Die lugredery is die grootste aandeelhouer van die laekosteredery Nok Air met 'n 49%-belang, en begin met 'n plaaslike draer onder die naam Thai Smile in die middel van 2012 met behulp van nuwe Airbus A320 vliegtuie.

Van sy middelpunt by Suvarnabhumi Lughawe, vlieg THAI na 78 bestemmings in 35 lande met 'n vloot van meer as 80 vliegtuie. Die lugredery was eens die operateur van twee van die wêreld se langste non-stop roetes tussen Bangkok en Los Angeles en New York Stad, maar as gevolg van hoë brandstofpryse, die onttrekking van vliegtuie, bagasiebeperkings en stygende kaartjiepryse, het die lugredery alle non-stop Amerikaanse dienste in 2012 onbepaald gestaak. Sedert 2013 word dienste tussen Bangkok en Los Angeles gediens via Incheon Internasionale Lughawe naby Seoel. THAI se roetenetwerk word oorheers deur vlugte na Europa, Oos-Asië, en Suid/Suidwes-Asië, maar die lugredery besoek ook Johannesburg in Suid-Afrika en vyf stede in Oseanië. THAI was die eerste Asië-Stille Oseaan lugredery om die Londen-Heathrow Lughawe te bedien. Onder Asië-Stille Oseaan draers, het THAI een van die grootste passasiersbedrywighede in Europa.

Vloot[wysig | wysig bron]

In November 2014 het die Thai Airways-vloot bestaan uit:[1]

Vliegtuig Diensbaar Op bestelling Passasiers Notas
F C Y Totaal
Airbus A320-200 1 0 0 0 174 174 Oorgedra vanaf Thai Smile [2]
Airbus A330-300 9
15
5 0 42
36
263 305
299
Uitdiensstelling van ouer 12 begin in 2017 [3]
Airbus A340-500 4 Almal gestoor en uit diens.
Airbus A340-600 6 8 60 199 267 Almal uit diens te stel 2015-2017 [3]
Airbus A350-900 15 Afwagtend
Airbus A380-800 6 12 60 435 507
Boeing 737-400 2 0 12 137 149 Sal uitgefaseer word teen 2015 [3]
Boeing 747-400 6
6
10
9
40 325 375
374
Boeing 777-200 8 0 30 279 309 Sal uitgefaseer word [3]
Boeing 777-200ER 6 0 30 262 292
Boeing 777-300 6 0 34 330 364
Boeing 777-300ER 11 3 0 42 306 348
Boeing 787-8 3 3 0 24 240 264 Gehuur van ILFC.[4] Aflewering in 2014.[5]
Boeing 787 Dreamliner 2 Afwagtend Gehuur van ILFC.[4] Aflewering in 2017.[5]
Thai Vragvloot
Boeing 747-400BCF 2
Geen sitplekke
Omgeboude passasiersvliegtuie
Totaal 85 30

Verwysings[wysig | wysig bron]


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.