Turkmeens

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Turkmene.
Turkmeens
Түркменче, تورکمنچه, Türkmençe of түркмен дили, تورکمن تیلی, türkmen dili
Gepraat in: Vlag van Turkmenistan Turkmenistan
Vlag van Iran Iran
Vlag van Afghanistan Afghanistan
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan
Vlag van Rusland Rusland 
Gebied: Sentraal-Asië
Totale sprekers: 7,6 miljoen[1]
Taalfamilie: Altaïes
 Turks
  Oghusies
   Oos-Oghusies
    Turkmeens 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Cyrilliese alfabet
Arabiese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Turkmenistan Turkmenistan
Gereguleer deur: Turkmeense taalagentskap
Taalkodes
ISO 639-1: tk
ISO 639-2: tuk
ISO 639-3: tuk 
Verspreiding van Turkmeens
Etniese kaart van Sentraal-Asië

Turkmeens (Түркменче, تورکمنچه, Türkmençe of түркмен дили, تورکمن تیلی, türkmen dili) is 'n Turkse taal wat deur sowat 7,6 miljoen mense in Turkmenistan, Iran, Afghanistan, Oesbekistan en Rusland gepraat word. Dit is die vierde mees verspreide taal van Sentraal-Asië naas Oesbekies, Kasaks en Tadjiks asook die sesde mees gesproke Turkse taal naas Turks, Azerbeidjans, Oesbekies, Kasaks en Oeigoers. Turkmeens is die amptelike taal van die Republiek van Turkmenistan en verwaant aan Turks en Azerbeidjans.

Tot 1993 is die Cyrilliese alfabet gebruik en sedert 1993 word Turkmeens met 'n nuwe Turks-Latynse alfabet geskryf, wat vir al die Turkse tale in Sentraal-Asië beplan is. In Afghanistan en Iran word 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet gebruik.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Turkmen”. Ethnologue. URL besoek op 18 Oktober 2015.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Turkmeens