Tweede Kamer van die Stategeneraal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Coat of arms of the Tweede Kamer.svg
Nederlandse politiek
Stategeneraal
Eerste Kamer
Tweede Kamer
Provinsiale State
Munisipale raad
Koning
Eerste minister
Kabinet
Gedeputeerde State
Kommissaris van die Koning
Kollege van burgemeester en wethouders
Burgemeester
Hoge Raad
Raad van State
Algemene Rekenkamer
Nasionale Ombudsman
Waterskap
Politici
Politieke partye
Verkiesings

Die Tweede Kamer van die Stategeneraal (Nederlands: Tweede Kamer der Staten-Generaal) is een van die twee Kamers van die Nederlandse volksverteenwoordiging, die Stategeneraal van Nederland (die andere Kamer is die Eerste Kamer van die Stategeneraal). Die Tweede Kamer bestaan sedert 1815 en is gevestig in die administratiewe hoofstad Den Haag. Hierdie Kamer het 150 lede en word regstreeks deur die bevolking verkies. Die voorsitter is Vera Bergkamp (D66). Die Tweede Kamer is die belangrikste Kamer. So het die Tweede Kamer die reg om besluite te wysig en in te dien, maar die Eerste Kamer nie.

Die Tweede Kamer van die Stategeneraal

Koalisie[wysig | wysig bron]

Sedert 26 Oktober 2017 bestaan die Rutte III-kabinet, wat deur die VVD, die CDA, D66 en die CU gevorm word. Hierdie regering is 'n kabinet van 75 (oorspronklik 76) setels in die vorige Tweede Kamer en 78 setels in die nuwe Tweede Kamer (sien ook: Eerste Kamer - Koalisie).

Verkiesings[wysig | wysig bron]

Die laaste verkiesings was op 17 Maart 2021. Die nuwe Tweede Kamer is op 31 Maart ingesweer.

Die setelverdeling sedert 1956[1] is soos volg (oorspronklike setels):

Party 2021 [2] 2017 2012 2010 2006 2003 2002 1998 1994 1989 1986 1982 1981 1977 1972 1971 1967 [3] 1963 1959 1956
Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD) 34 33 41 31 22 28 24 38 31 22 27 36 26 28 22 16 17 16 19 13
Demokrate 66 (D66) 24 19 12 10 3 6 7 14 24 12 9 6 17 8 6 11 7
Party vir die Vryheid (PVV) 17 20 15 24 9
Christen-Demokratiese Appèl (CDA) [4] 15 19 13 21 41 44 43 29 34 54 54 45 48 49 48 58 69 76 75 77
Sosialistiese Party (SP) 9 14 15 15 25 9 9 5 2
Party van die Arbeid (PvdA) 9 9 38 30 33 42 23 45 37 49 52 47 44 53 43 39 37 43 48 50
GroenLinks (GL) [5] 8 14 4 10 7 8 10 11 5 6 3 9 9 6 16 10 9 8 5 7
Forum vir Demokrasie (FVD) [6] 8 2
Party vir die Diere (PvdD) 6 5 2 2 2
ChristenUnie (CU) [7] 5 5 5 5 6 3 4 5 5 3 2 3 3 1 2 2 1 1
Volt Nederland (Volt) 3
JA21 3
Staatkundig Gereformeerde Party (SGP) 3 3 3 2 2 2 2 3 2 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3
DENK 3 3
50PLUS (50+) [8] 1 4 2
BoerBurgerBeweging (BBB) 1
BIJ1 1
Lys Pim Fortuyn (LPF) 8 26
Leefbaar Nederland (LN) 2
Sentrumdemokrate (CD) 3 1
Algemene Ouere Verbond (AOV) 6
Unie 55+ 1
Evangeliese Volksparty (EVP) 1
Boereparty (BP) 1 3 1 7 3
Demokraties-Sosialiste 1970 (DS'70) 1 6 8
Rooms-Katolieke Party Nederland (RKPN) 1
Nederlandse Ondernemers Party (NMP) 2
Totaal 150 150 150 150 150 150 150 150 150 150 150 150 150 150 150 150 150 150 150 150

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. In 1956 het die Tweede Kamer van 100 na 150 setels uitgebrei.
  2. Samenstelling Tweede Kamer na de verkiezingen van 17 maart 2021, Parlement.com
  3. Die verkiesings van 1967 markeer die einde van die Versuiling.
  4. Die Christen-Demokratiese Appèl bestaan sedert 1980. Die party is uit drie Christelike partye gevorm.
  5. GroenLinks bestaan sedert 1990. Die party is uit vier linkse partye gevorm.
  6. In Mei 2021 het die Groep Van Haga (3 setels) van die Forum vir Demokrasie weggebreek.
  7. Die ChristenUnie bestaan sedert 2001. Die party is uit twee Christelike partye gevorm.
  8. In Mei 2021 het Liane den Haan (1 setel) van 50+ weggebreek.

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]