Versierde dikkop

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Versierde dikkop
Istigobius decoratus.jpg
Not evaluated (IUCN 3.1)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superclass:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
I. decoratus
Binomiale naam
Istigobius decoratus
(Herre, 1927)

Die versierde dikkop (Istigobius decoratus) is 'n dikkop wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die middel van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die decorated goby.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 12 cm lank. Die lyf is bleek tot liggeel van kleur en die bokant van die lyf is bedek met 'n bruin, heunigkoekvormige patroon. Daar is ook twee horisontale rye reghoekige donkerbruin merke op die onderste kant van die lyf. Daar is kolletjies op die dorsale-, pens- en analevinne.

Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 1 tot 25 m diep is. Hier word hulle gevind op die sand en gruis bodems onder oorhange of in grotte. Die vis is alleenlopers en bly soms roerloos vir kort tydjies. Hulle vreet klein ongewerweldes. Die spesie kom algemeen voor.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]