Visegrád-groep
Die Visegrád-groep, Visegrád Vier, of V4 is 'n informele alliansie van vier Sentraal-Europese lidstate van die Europese Unie (EU), naamlik die Tsjeggiese Republiek, Hongarye, Pole en Slowakye. Die doelwit is om samewerking tussen die vier state op gebiede soos verdediging, kultuur, ekonomie en energievoorsiening asook hul integrasie in die EU te bevorder.[1]
Demografie
[wysig | wysig bron]Die Visegrád-groep het 'n gesamentlike bevolking van 64 301 710, wat indien dit 'n land was, die 22ste grootse ter wêreld en die 4de grootste in Europa (vergelykbaar met Frankryk, Italië, of die VK) sou wees. Die meeste inwoners woon in Pole (38 miljoen),[2] gevolg deur die Tsjeggiese Republiek (bykans 11 miljoen),[3] Hongarye (bykans 10 miljoen),[4] en Slowakye (5.5 miljoen).[5]
Hoofstede
[wysig | wysig bron]- Boedapest (Hongarye): 1 759 407 inwoners (metro: 3 303 786)
- Warskou (Pole): 1 753 977 inwoners (metro: 3 105 883)
- Praag (Tsjeggiese Republiek): 1 267 449 inwoners (metro: 2 156 097)
- Bratislava (Slowakye): 432 801 inwoners (metro: 659 578)
Ander belangrike stede
[wysig | wysig bron]- Pole: Krakow (762,448), Łódź (698,688), Wrocław (637,075), Poznań (541,561)
- Tsjeggiese Republiek - Brno (377,440), Ostrava (294,200), Pilsen (169,033) Liberec (102,562)
- Hongarye - Debrecen (203,914), Szeged (162,593), Miskolc (159,554), Pécs (145,985)
- Slowakye - Košice (240,688), Prešov (91,638), Žilina (81,515), Banská Bystrica (79,775)
Roterende presidentskap
[wysig | wysig bron]Die land wat die Groep se presidentskap hou, verander elke jaar:
|
|
|
|
Huidige leiers
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "The Bratislava Declaration of the Prime Ministers of the Czech Republic, the Republic of Hungary, the Republic of Poland and the Slovak Republic on the occasion of the 20th anniversary of the Visegrád Group" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2020. Besoek op 24 Mei 2015.
- ↑ "Wayback Machine" (PDF). Web.archive.org. 16 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Maart 2014. Besoek op 1 Oktober 2017.
- ↑ "Czech Republic Population 2016". World Population Review. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2020. Besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ "2011. ÉVI NÉPSZÁMLÁLÁS : 3. Országos adatok" (PDF). Ksh.hu. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 17 Julie 2019. Besoek op 1 Oktober 2017.
- ↑ "Archived copy" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 5 Maart 2016. Besoek op 21 Februarie 2016.
{{cite web}}
: CS1 maint: archived copy as title (link)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Visegrád-groep. |